Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.10.13

Fotodag 8b: Lyn natmaak op Swakop

PHILIP DEETLEFS het dié foto opgespoor en aangestuur: André de Bruyn was in die jare sewentig en tagtig 'n gerespekteerde militêre korrespondent by Die Vaderland en later by Die Republikein in Windhoek. Dit was tydens die klimaks van die sg grensoorlog dat André Windhoek toe gekom het om as militêre korrespondent "nader aan die vuur" te kon staan. André het baie gou baie lief geword vir Namibië. Swakopmund, waar hy hier op die pier sit en lees was een van
sy gunstelingkuierplekke oor 'n naweek of met vakansietye wanneer hy ook graag visgevang het. André is later in Ovamboland in 'n skietongeluk dood toe hy daar gaan verslag doen het.