PHILIP DEETLEFS skryf: So sewe jaar gelede het ek saam met Nic Kruger en 'n klomp ander vriende van die Republiek die sandpad aangepak al langs die see van Walvisbaai na Conception Baai. Conceptionbaai is so halfpad af na Luderitz, maar daar is nie 'n pad nie. Jy moet oor die duinesee ry.Saam met ons was onder andere oorlede oom Hennie Kotze se seun MG
wat in Brittanje woon, sangeres Arina de Witt en “Bertie” van Egoli.
Die dag voor ons die sand aangedurf het, het Nic (met kortmouhemp) vir ons 'n potjie langs die see gemaak en van daar is dit net hef aan gewees!
Die prag van Conception.
Die wat nie langs die pad dood is van ontbering nie, is sterk genoeg geag om die koekepanne ens. rond te kan stoot. Die ou wat ek afgeneem het, was nie sterk genoeg. nie.
![]() |
Hennie Smit van Egoli bekyk 'n geraamte.




