Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.10.13

K’rant se waarde

JAPIE BOSCH skryf: Verlede week vra Charl Thom in ‘n e-pos aan K’rant se redakteurs of iemand weet wat van André du Toit, voormalige Londense verteenwoordiger van die APB en redakteur: buiteland van Die Vaderland, geword het.

André du Toit
Dit het my bygeval dat André du Toit op ‘n tyd in Melville, Johannesburg gewoon het. En Buks Pietersen, voormalige senior assistent-redakteur van Rapport, is nog daar. Op navraag het Buks laat weet dat André sowat ‘n jaar gelede oorlede is.

Sonder Charl se navraag, sonder K’rant as middelman en sonder Buks se antwoord sou baie oudkollegas steeds oor André (en baie ander) gewonder het.

Dit het opnuut K’rant se waarde en die interaksie wat dit onder sy kollegas meegebring het, onderstreep.