
Dinsdag, 2 Junie 1970, was 'n belangrike datum in die geskiedenis van die Afrikaanse Pers (1962) Bpk., want dit is die dag toe die eerste Afrikaanse Joernalisteskool geopen is. Agt voornemende joernaliste het vir ses maande onder die hande van Oom Hermie Hendriks (links) deurgeloop. Hieronder is drie stories wat in Hanekraaie van destyds verskyn het.

Die joernalisteskool se netjiese lesinglokaal is op die terrein van die Stag-gebou in Aucklandpark geleë en die minste wat 'n mens kan sê, is dat dit 'n professionele indruk wek, soos op die foto ook gesien kan word. In die middel staan mnr. Hermie Hendriks, hoof van die skool.