Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

5.2.13

‘Dis mos nie alles waar nie’

PEET VAN STADEN skryf: Ek het gewaarsku teen die euwel van my foto by my André Pienaar-bydraetjie, maar nie teen die kultuureuwel nie. Dit was 'n fout.

Dankie dat julle my skryfie in K'rant ingesluit het, maar die biografiese gedruis daarmee saam het 'n leemte of twee. Die belangrike is: ek was nooit sportredakteur van Rapport nie, wel lid van die sportredaksie onder Phil Zaayman. Ook, toe ek voorsitter van die Sportskrywers was, het ons die Sportskrywer van die Jaar-toekenning saam met die Brouery se borgskapsbestuurder, wyle Paul Winslow, uitgedink. Ek was dus onder 'n bietjie morele druk om in te skryf, al het ek in daardie jaar tegnies gesproke nie genoeg geskryf om te kwalifiseer nie. Ook maar goed, want dit was al jaar wat ek kon deelneem. Nietemin, ek was een van die finaliste, maar nie die wenner nie.

Ek weet jy het dié inligting gekry waar dit, waarskynlik op die web, geplaas is deur 'n groep van aansien. Die feit is dat dit gehaal is uit 'n CV wat ek self geskryf het, maar ek is plek-plek, tot my eie verleentheid, “gemiskwout”.

'Skuus, maar plaas asseblief die regte weergawe. Die meeste van ons het, soos die ou in Fleetstraat geskryf het, heelwat om oor nederig te wees. Netnou dink mense ek het ook besluit om die geskiedenis oor te skryf.