Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

14.2.13

Vind K’rant maklik só

Jy loop ‘n oudkollega raak en vertel hom van K’rant. Hy vra die webadres, maar jy kan dit nie onthou nie. Dis nie maklik om www.perskor.blogspot.com altyd in jou kop te hê nie.

Daar is drie maklike antwoorde op die vraag:

1. Eerste keuse: Google bloot K’rant, maar moenie daardie afkappingsteken (apostroof) vergeet nie. Daar is net een K’rant in die wêreld. Daarom verskyn hy heelbo aan die lys wat vertoon word. Dié naam was ‘n uitstekende keuse van Peet Simonis. Dis juis daardie apostroof wat ons uniek maak. Toenterjare het die mense in Die Transvaler se nagkantoor na DT as “die k’rant” verwys.

2. Tweede keuse: As jy van die apostroof vergeet het en jy sien nie K’rant nie, maak so: Google blog:perskor (geen spasies). Neem kennis van die dubbelpunt. Hoofletters of kleinlettertjies maak nie saak nie. Van die duisende webtuistes wat gevind word, is K’rant die eerste een. Dis die enigste blog in die wêreld met die naam Perskor. Hoe onthou jy dit? K’rant is ‘n blog en dit handel oor Perskor se mense. Die dubbelpunt moet jy maar net onthou. (Die mooi Afrikaans vir ‘n blog is “webjoernaal”, maar vergeet dit vir die doel van dié wenk.)

3. Derde keuse: Google net Perskor en jy sal K’rant kry, maar laer af in die lys wat vertoon word.