Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.2.13

† Kunstenaar Keith Joubert oorlede

Keith Joubert
GERT BASSON, gewese Perskoruitgewer, skryf: Ek het so pas ‘n e-pos van Annette Stork (Greiff) gehad dat die kunstenaar Keith Joubert, Woensdag aan prostaatkanker oorlede is. Hy was daar in die jare sewentig, tagtig aan Perskor se kunsafdeling verbonde. Hy het later internasionale roem met sy treffende diere- en natuurstudies verwerf.

(K’rant probeer meer inligting in die hande kry en hoop om later vollediger te berig. – Red.)

'n Skildery van Keith Joubert.