ANDRIES BOTHA skryf: Die Francois Roux-storie vat my ook baie jare terug. My ouers het toe op Bancroft in Noord-Rhodesië, vandag Chilila Bomwe in Zambië, gebly en ek het ná matriek in 1959 ‘n tyd daar deurgebring. Ek het vir Chingola – 16 myl van ons af – rugby gespeel saam met onder meer Tom van Vollenhoven en Clive Forman, ‘n briljante losskakel wat vir Rhodesiĕ gespeel het en na elke Springbok-proef in sy tyd genooi is.![]() |
| Tom van Vollenhoven |
Herman le Roux se storie is vir my baie interessant en dit is duidelik dat hy Lucky meer as goed geken het.
• Jorrie Jordaan se storie weer, het my herinner aan ‘n vriend van my, Bakkies Jansen, wie se pa vir die einste Noordoostelike Distrikte gespeel het. Hulle het selde gewen. Hy’t toe vertel dat wat hom moedeloos gemaak het, was toe een van die teenstanders met die bal onder die arm aangedraf kom en toe vir sy maat langs hom vra: ”Het jy al gescore?” Toe gee hy die bal vir hom.
