Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.2.13

Fotograaf Hermie opgespoor

CHARL THOM laat weet van Stompneusbaai aan die Weskus af: Ek het toe uiteindelik vir oudfotograaf Hermie Rossouw op St Helenabaai raakgeloop en hom alles van K’rant vertel. Hy stem saam dis ‘n wonderlike idee. Die enigste probleem is dat hy nie internet-toegang het nie. Sy seun kom glo later vanjaar kuier en hy hoop om dan “in te haal op die moderne tegnologie”! Hy stuur in elk geval groete aan al die bekendes tot latere kennisgewing.

(Volgens die webwerf Fine Art America skilder Hermie deesdae en spits hy hom toe op die argitektuur en landskappe wat tipies van die Weskus is. Hy werk meesal in akriel, maar gebruik soms ook waterverf. – Red.)