HARALD PAKENDORF skryf: Niksdoen is ‘n kuns. Ek sukkel, maar darem ...
Bietjie terugstap: nadat Perskor onder druk van PW Botha my om 9vm op 19 Mei 1985 afgedank het oor die soort politiek wat tans gangbaar is, het ek ‘n bestaan gemaak deur politiek te verkoop -- in openbare toesprake (waar die geld goed was) en ‘n maandelikse nuusbrief. Toe, soos dit maar gaan, dié se raktyd verby is, is ek gelukkig deur ‘n kommunikasiemaatskappy gevra om te help. Sestien jaar daar gewerk. Toe kom die base tot hulle verbasing agter ek is tagtig en sit my summier op pensioen. Een middag se kennisgewing. Einde Februarie 2020.
Het intussen ‘n boek geskryf (Stroomop) as gevolg van druk van ‘n uitgewer. Het redelik goed verkoop.








































