Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.4.21

Mediamense.com vir almal

JOHANNES FRONEMEN
skryf: Mediamense.com het ‘n paar weke gelede herleef nadat dit vir ‘n paar jaar lank stil was. 

Die ou Mediamense.co.za is gekaap en ons moes van voor af begin. Gelukkig het nuwe programme en die slimfoon dinge makliker gemaak as 15 jaar gelede. 

Daarom is daar nou letterlik honderde voorbeelde van koerantvoorblaaie op die nuwe Mediamense.com. En dit word letterlik daagliks aangevul. 

 Jy is meer as welkom om daar te gaan blaai en die vrug van 50 jaar se bymekaarmaak te geniet. 


Perskor-ers sal talle van hul koerante daar aantref; Mediamense.com fokus op alle Afrikaanse koerante en tydskrifte (en ook ‘n blerts Engelse koerante). Dit is dus inklusief. 

Die webblad, wat ek ‘n digitale museum noem, is nie in mededinging met enige ander platform (soos K’rant of Nagkantoor) nie. Julle sal dit dadelik agterkom: die fokus is anders, hoewel herinneringe ook hul plek op die nuwe Mediamense.com sal kry. 

Aangename herontmoeting, Johannes Froneman,  Kurator, joh.froneman@gmail.com