Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.5.22

Oorlog is oorlog

GERHARD BURGER skryf: Ek het hierdie paar uitgawes van Die Vaderland, en nog 'n dosyn of twee, onlangs by Colonial Antiques in Noordeinde, Port Elizabeth, gekoop. 

Die voorblad van elkeen van dié ou koerante word deur verslae en foto's van die Tweede Wêreldoorlog oorheers. 

My eerste reaksie was om te wonder hoe die koerant, as hy nou nog bestaan het, die oorlog in Oekraïne sou gedek het. 

Niemand by die winkel kon sê wie die vorige eienaar van die ou koerante was nie. ʼn Mens
kan net raai dat dit iemand met ʼn besondere belangstelling in die geskiedenis of die joernalistiek was.B
yna al die verslae moes natuurlik uit Engels vertaal word – en dit is voortreflik gedoen. Ek kon nog nie set- en spelfoute raaksien nie. 

Veral die verslag van die "atoombom" en die skrikwekkende gevolge daarvan is aangrypend. Dit is ongetwyfeld deur ʼn baie senior lid van die redaksie behartig.  

Die gehalte van die landlynfoto's is eweneens heel merkwaardig as ʼn mens die destydse tegnologie in ag neem 

Daar is nog 'n klompie van dié koerante wat ek dalk later sal gaan optel om iewers in die Kraamsaal (my oorvol studeerkamer) te hou. 



Terloops, op die derde verdieping van Colonial Antiques se gebou, is Classic Books, is een van Port Elizabeth (okay, Gqeberha dan) se waardevolste bates. Daar is oor die 100 000 boeke oor dosyne onderwerpe en in verskeie tale. 

 Gaan loer gerus in by https://www.facebook.com/classicsbookshop om te sien hoe lyk my gunstelingspeelplek in die Baai.