Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.8.22

Teken opnuut in, asseblief

Die diens wat K’rant gebruik om lesers te laat weet van nuwe berigte is onlangs gestaak. Gevolglik het ‘n paar lekkerleesstories verskyn waarvan intekenare nie kennis gekry het nie. 

Desniestaande is K’rant se berigte steeds gereeld besoek -- nie minder nie as 1 760 keer die afgelope 16 dae.  Dit is gemiddeld 110 keer per dag.  Ons het gewis meer lesers as net oudkollegas.

Om te verseker dat lesers kennis kry van oudkollegas se doen en late, word hulle versoek om opnuut op K’rant in te teken deur middel van ‘n nuwe diens, follow.it.

Vul bloot jou e-posadres in in die ligbruin blok regs en klik daaronder. Volg dan die aanwysings.

Wanneer 'n nuwe storie verskyn, sal jy 'n e-pos met die opskrif daarvan ontvang, soos hieronder.  Klik daarop en jy sal na K'rant herlei word.  Die diens sal ook skakels na ander webtuistes bied, maar dit staan los van K'rant.


Laat weet voormalige kollegas met wie jy kontak het hiervan. Enigiemand is welkom om in te teken.  Buiten 'n nuwe storie elke nou en dan is daar meer as 1 000 ander stories om te lees.  

Ontgin ons webjoernaal.  As 'n voorbeeld:  hier is een van Andries Botha se humorvertellings van 10 jaar gelede.  Die kolomme regs neem jou na alle stories. Vergeet ook nie van die soekfunksie onder die mashoof nie.  

Geniet K'rant en skryf vir ons oor jou koerantervarings of soos anderdag versoek Kom ons deel meer van die vreugdes ook.