Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.1.21

Huldeblyk aan Coenie Slabber

KARIN PRETORIUS bring hulde aan Coenie Slabber (81) wat die afgelope 23 jaar dieselfde woonstelblok as sy in Bloubergstrand gedeel het.  Hy is verlede week oorlede.

Sy skryf:  Hy was ‘n goeie vriend, altyd beleefd teenoor my, vriendelik maar stil en baie privaat. 

Toe ek in 1998 by die voorportaal hier instap, loop ek my vas teen Coenie. Ons het mekaar in 1977 laas in Johannesburg gesien toe ek by Rooi Rose en hy kunsredakteur by Rapport was. Dit was onmoontik om te glo dat ons na soveel jare dieselfde woonplek gekies het. 

Coenie Slabber
Maar dit was ons liefde vir die see en die berg wat die aantrekkingskrag was asook die wonderlike uitsig oor Tafelbaai vanuit ons groot vensters. Coenie was knap met ‘n rekenaar. Ek kon altyd op sy nommer druk as ek êrens vasgehaak het. Baie behulpsaam en geduldig. 

Sy gesondheid was nie na wense nie. ‘n Hartkwaal was onderliggend. ‘n Mens het hom soms gesien waar hy elke dag trappe geklim het om fiks te bly. 

Ek het hom dít nogal beny en bewonder. 

Rus sag liewe Coenie. 

  • Slabber is in Maart 2020 in omstredenheid gedompel nadat drie mans (twee van hulle joernaliste en skrywers en een ‘n subredakteur) strafregtelike klagtes teen hom by die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kaapstad  ingedien het. Die klagtes spruit uit hul dae as minderjariges.
  • Voorgaande soos weergegee deur Netwerk24 op 22 Januarie 2021. -- Redakteur.