Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.4.22

Reünie 15 Mei 2022: geborg deur Dagbreektrust

Weens die COVID-19-pandemie kon ons die afgelope twee jaar nie bymekaar kom vir ons jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers nie (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Die reëlingskomitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n funksie by dieselfde restourant -- die Irish Rock-- as voor die pandemie te hou. 

Die reϋnie vind op Sondag 15 Mei 2022 plaas. Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg. 

Die Irish Rock se buffet bied as voorgereg Griekse slaai; as hoofgereg beesoondbraad, hoenderpastei, botterskorsie, roomspinasie, aartappels, rys en sous; en as nagereg malvapoeding en roomys. 

‘n Bottel elk rooiwyn en witwyn sal gratis per tafel uit ons fondse verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie rekening. 

‘n Hele klompie van ons oudkollegas het die afgelope twee jaar gesterf, onder hulle ook van die gereelde gesigte by ons reὓnies. 

Dan is daar ook oudkollegas wat intussen afgetree het en nuwe epos-adresse het. Indien jy van sulke gevalle weet, stuur asseblief die uitnodiging aan hulle of stuur die nuwe epos-adres na Louise. 

Ons het plek vir 50 mense, so wikkel en bespreek julle plekke so gou moontlik. AAUB teen 11 Mei 2022 per e-pos na lblake2@telkomsa.net of skakel Louise by 082 472 2840. 

Die Irish Rock se adres is West Rand Retail Crossing, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Roodepoort. 

Padaanwysings

  • Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé-afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is drie geboue regs op die punt. Volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep.  
  • Van Pretoria af: neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard, etlike kilometers verder aan by Retail Crossing, Mr Price en groot M. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.