Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.11.21

Blackie (Swart) Chandler oorlede

Blackie Chandler
JOE VAN BUUREN het laat weet dat Marinda (Blackie) Swart se suster, Chrisna, hom laat weet het dat Blackie gister (Sondag, 7 November 2021) in die ouderdom van 66 oorlede is. 
Blackie was nooit self 'n joernalis nie, maar sy was heel bekend in joernalistieke kringe nadat sy in die sewentigerjare by die berugte Nommer 10 Dittonlaan met 'n spul koerantmense deurmekaar geraak het. 

Sy was alom bekend vir haar gemoedelikheid en geesdrif. Sy was in later jare getroud met Norman Chandler, 'n bekende joernalis van onder meer The Star. Hulle het saam 'n koerantjie in Maun in Botswana gestig en bedryf. Norman het haar 'n paar jaar gelede ontval. 

Blackie het in die jongste tyd maar erg met haar gesondheid gesukkel en sy is dood pas nadat sy uit Maun na Suid-Afrika teruggekeer het.