Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.9.12

Spesiale jare daar in Mitchellstraat

HANLIE DELPORT skryf: Ek het ’n klein rukkie by Die Transvaler gewerk – 1987 tot 1989. Was toe Hanlie Basson. Ek het algemeen geskryf, maar het ook heelwat bylaes (vakansie, kuns) gedoen en het selfs die Mej Pretoria Skou-skoonheidskompetisie namens die koerant gereël!

Ek het saam met Sandy MacDonald, Murray la Vita, Anita de Kock, Rean Steenkamp, Tom Cairncross, Mike van der Merwe, Blaar Grobbelaar, Dirk
van der Walt, Gert Coetzee, Johan (Vollie) Volschenk, Fans Esterhuyse, Tubby du Preez, Amanda Visser, Marius Roodt , Gert Hattingh, Jan van Vreden en Chris Zwiegelaar gewerk.

Daar is ander kollegas van wie ek die gesigte goed onthou, maar die name is so bietjie vervaag… sal seker terugkom.

Dit was spesiale jare daar in Mitchellstraat – die ou gebou staan nog, maar is vandag ’n algemene handelaar.

Ek onthou hoe ek besoekersgroepe op begeleide toere deur die pers moes neem en hulle verduidelik hoe sit ons ’n koerant aanmekaar.

Danksy Sandy is ek nou ingeteken op die K’rant en kan ek saam met julle almal die nostalgie ervaar. Sal bietjie dink of my wedervaringe lekker stories sal maak – was so ’n kort rukkie daar!

Moet sê die stories van die meer ervare joernaliste is baie interessant. Ek verlang sommer weer terug na die goeie dae by Perskor!