Dis met nostalgie dat ek K’rant lees. Soms maak die lewe snaakse draaie. Baie van die ou hande het reeds die ewige met die tydelike verwissel, maar dis goed om darem te hoor almal is nie onder die kluite nie. Ek het nie
gedink so baie gaan dit so lankmaak nie!
Ek sal van tyd tot tyd ’n nostalgiese storietjie met julle deel – as ek onthou. Hier is een vir die wegspring.
Ek en Dries van Heerden het ’n kantoor in die parlementsgebou gedeel. Hy by Die Vaderland en ek by Hoofstad. Berigte is ook gedeel.
Op ’n dag was dit behoorlik komkommertyd. Oud-min Hennie Smit was besig met sy Poskantoorbegroting, wat maar ’n baie droë affêre was. Almal dwaal rond en snuffel stories uit.
Uit pure verveeldheid bedink ek ’n poets om die poskantoormanne wat die telekskantoor beman te bak.
Kyk, daai manne kon tik. Hulle het al die koerante se stories op teleks deurgestuur. Dit was voor die dae van faksmasjiene en e-posse.
Ek dog toe as hulle die simpel storie lees sal hulle my kom konfronteer; lekker daaroor lag en basta.
Maar daai ouens was professioneel!
In ’n oogwink is die storie gestuur. Ek sweer hulle het nie eers agtergekom wat daar staan nie.
’n Ruk later gaan vra ek na die storie en sonder ’n sweem van agterdog sê hulle nee, dis gestuur. Ek sien toe hierdie storie gaan boemerang en sê dit was ’n grap. Hulle lag toe ook nie eintlik daaroor nie.
Blaar Grobbelaar |
Ek besef toe dadelik: hkgk. Hennie Smit was besig, maar oom Louis Rive, die destydse Posmeester-generaal sê hy kan my dadelik te word staan. Ek verduidelik toe aan hom dat dit ’n grap was wat liederlik skeefgeloop het. Hy was ’n mens-mens en het my gerusgestel dat hy verstaan. Daar’s g’n kwade gevoelens nie. Die Vaderland moet darem net die volgende dag ’n regstelling plaas.
Nodeloos om te se, minister Hennie Smit was woedend, maar kon niks doen nie omdat Louis Rive reeds die saak beredder het. Wat my die les geleer het, moenie grap waar dit nie jeuk nie!