PIET EBERSöHN skryf: Thys Human se storie (klik HIER), herinner my wel ‘n geval waar wyle Jaap Swanepoel minder gemoedelik was.
TV was in sy kinderskoene en Haas Das se Nuuskas was ‘n belowende nuwe program uit eie haard.Met sy slag om ‘n humoristiese storie te skryf, was Jaap die aangewese man om Diereland se spog-nuusprogram aan die volk van Suid-Afrika bekend te stel.
19.2.13
Boesemvriende ‘oor grense heen’
HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en later van Beeld, skryf: Gerhard Burger se storie oor ons noue ontkoming in 1981 in Nieu-Seeland (lees hier) bied my die gaping om meer oor daardie besoek en oor Gerhard in die besonder te vertel.
Hy sê hy hou nie daarvan om geselsies met taxibestuurders of haarkappers aan te knoop nie. En tog is Gerhard Burger ‘n vriendelike,
Hy sê hy hou nie daarvan om geselsies met taxibestuurders of haarkappers aan te knoop nie. En tog is Gerhard Burger ‘n vriendelike,
18.2.13
Stokou waaier simboliseer Perskor se kanniedoods
GERT COETZEE skryf: ’n Bydraetjie vir K’rant (en terloops, die verspreiding is puik – my foon tjier-riert elke oggend vroeg, dan lees ek hom eers voordat ek opstaan. Geluk!).Die magtige Perskor sing toe nou sy swanesang ondanks al die leuens, leë beloftes en versekerings, partytjies (onthou die een by die burgemeesterslapa van Verwoerdburg) en bedrog wat aan ons opgedis
15.2.13
Perskorman koes vir bom in Londen
PHILIP DEETLEFS skryf: As een van Perskorburo se mense in Londen destyds was my daaglikse roetine om al die plaaslike koerante deur te lees om te sien of daar nie dalk iets is wat 'n Suid-Afrikaner gepleeg het waaroor ‘n mens kan verslag doen nie.Die verskillende nuusredakteurs uit Suid-Afrika het daagliks ook 'n lysie gestuur van mense uit hul kontrei wat Brittanje besoek en met wie
14.2.13
Vind K’rant maklik só
Jy loop ‘n oudkollega raak en vertel hom van K’rant. Hy vra die webadres, maar jy kan dit nie onthou nie. Dis nie maklik om www.perskor.blogspot.com altyd in jou kop te hê nie. Daar is drie maklike antwoorde op die vraag:
Rika doen baanbrekerswerk aan die misdaadfront
RIKA VAN GRAAN, gewese misdaadverslaggewer van Die Transvaler en The Citizen, skryf sy was een van die eerste twee vroue wat misdaad by nasionale koerante geskryf het. Die ander vrou was Rosemary Northcott van die Rand Daily Mail. Hulle het later saam by The Citizen gewerk.
Ek het 26 jaar lank in Johannesburg oor misdaad, rampe, die
Ek het 26 jaar lank in Johannesburg oor misdaad, rampe, die
13.2.13
Raymond maak sy merk met Bassey se hande
RAYMOND DICKER, gewese fotograaf van Hoofstad en Die Transvaler, skryf: Die stuk deur PG du Plessis oor koerantmanwees (klik hier om te lees) het my teruggevoer na my beginnerdae by Hoofstad.
Ek het in Maart, April 1982 as advertensiefotograaf by dié koerant begin werk. Behalwe vir Hoofstad moes ek ook vir die strooikoerante,
Ek het in Maart, April 1982 as advertensiefotograaf by dié koerant begin werk. Behalwe vir Hoofstad moes ek ook vir die strooikoerante,
12.2.13
Wolhaarstorie gee Joe vlerke
JOE VAN BUUREN skryf: Dirk Benadé se storie oor die slenter met betrekking tot Theunie Steyn herinner my aan ‘n soortgelyke voorval waarby ek betrokke was.Ek het in ‘n stadium waargeneem as nuusredakteur by Die Transvaler onderwyl daar na ‘n bevoegde persoon gesoek is. (Willie Buys is toe al derde verdieping toe bevorder, waarskynlik by Perskorburo.)
Andries herleef ou-ou rugbydae
ANDRIES BOTHA skryf: Die Francois Roux-storie vat my ook baie jare terug. My ouers het toe op Bancroft in Noord-Rhodesië, vandag Chilila Bomwe in Zambië, gebly en ek het ná matriek in 1959 ‘n tyd daar deurgebring. Ek het vir Chingola – 16 myl van ons af – rugby gespeel saam met onder meer Tom van Vollenhoven en Clive Forman, ‘n briljante losskakel wat vir Rhodesiĕ gespeel het en na elke Springbok-proef in sy tyd genooi is.11.2.13
‘Sproetjies’ styg uit die snippermandjie tot roem
GERT VAN TONDER, gewese advertensiewerwer by Perskor en lid van die beroemde sangpaar, Groep 2, skryf: Dit was so teen Julie se kant in 1975 toe ek by Perskor, toe nog in Aucklandpark, vir diens aangemeld het. Ons het 'n paar maande later Doornfontein toe getrek.
Ek het 'n pos as advertensiewerwer gekry. Dit was geen maklike taak, selfs al in daardie dae, om advertensies vir Afrikaanse dagblaaie te
Ek het 'n pos as advertensiewerwer gekry. Dit was geen maklike taak, selfs al in daardie dae, om advertensies vir Afrikaanse dagblaaie te
8.2.13
Vasberade ABJ wou niks anders as joernalis wees

Verwysings na wyle ANDRÉ PIENAAR, eertydse finansiële en sportsub en -skrywer van Die Transvaler, en later nuusredakteur van Die Vaderland, het ‘n klompie oudkollegas se gedagtes op ver paaie laat gaan.
Klik hier om 'n vorige berig oor hom te lees.
Steeds daardie bromponie
GERHARD KLEIJN skryf: Ek lees nou knap Peet van Staden se vertelling oor André Pienaar en toe skop die onthou-ding in.Toe André op ‘n dag by Die Tranvaler se redaksiekantoor in Aucland Park inwals, was ek en ‘n paar ander penkoppe soos Joe van Buuren, Phillip Deetlefs en Johann van Loggerenberg darem al manne met etlike maande se ervaring.
7.2.13
Jorrie het ’n slag met ’n storie gehad
PIET EBERSÖHN skryf: Toe Willie Buys in sy storie oor Die Transvaler se subkantoor na Jorrie Jordaan verwys, verlang ek sommer onbeskaamd terug na daardie dae in die later jare sewentig eers in Aucklandpark, toe in Nieu-Doornfontein.
Jorrie, ja, met sy vloeiende skryfstyl en keurige woordgebruik. Hy was immers ‘n gerekende skrywer, as Johann Jordaan, van avontuur-
Jorrie, ja, met sy vloeiende skryfstyl en keurige woordgebruik. Hy was immers ‘n gerekende skrywer, as Johann Jordaan, van avontuur-
6.2.13
Memorial for late Perskor artist
A memorial for the late Keith Joubert, acclaimed wildlife artist, previously an illustrator at Perskor, will take place at 16:30 on Monday, 11 February 2013 at the Everard Reed Gallery, 6 Jellicoe Avenue, Rosebank, Johannesburg. Enquiries can be directed to Peter Comley at peter@chobetravel.com.K’rant received a number of tributes to Keith, which are published below.
5.2.13
A deadline can leave you dead in the water
Ex-colleague PIET COETZER writes a regular column, Final word, on the origin of words for the magazine Leadership’s electronic Intelligence Bulletin. Finding some interesting facts on the origin of the word “deadline” that may satisfy the curiosity of K’rant readers, he made the column for the next issue available to K’rant as well.He writes: Meeting or making “deadlines” has become an integral part of modern life, something that we are constantly chasing; from meeting the deadline for the submission of our tax returns to submitting an application for this or that. And the expression started off as (literally) a deadly serious matter.
‘Dis mos nie alles waar nie’
4.2.13
‘Die salarisse was knap, maar dit was wonderlike dae’
JOHAN WAGNER, gewese Perskorfotograaf en -joernalis in Pretoria, skryf: Dankie vir K’rant se navraag na die AutoPavilion wat ek hier by VWSA bestuur. Ek vra om verskoning dat ek nie al vroeër geskryf het nie. Ek stuur binnekort iets.Intussen wil ek net laat weet van nog oud-Oggendbladters wat byna van dag een af daar was – gelukkig kom ek toe af op K’rant se
Fotograaf Hermie opgespoor
CHARL THOM laat weet van Stompneusbaai aan die Weskus af: Ek het toe uiteindelik vir oudfotograaf Hermie Rossouw op St Helenabaai raakgeloop en hom alles van K’rant vertel. Hy stem saam dis ‘n wonderlike idee. Die enigste probleem is dat hy nie internet-toegang het nie. Sy seun kom glo later vanjaar kuier en hy hoop om dan “in te haal op die moderne tegnologie”! Hy stuur in elk geval groete aan al die bekendes tot latere kennisgewing.(Volgens die webwerf Fine Art America skilder Hermie deesdae en spits hy hom toe op die argitektuur en landskappe wat tipies van die Weskus is. Hy werk meesal in akriel, maar gebruik soms ook waterverf. – Red.)
1.2.13
† Kunstenaar Keith Joubert oorlede
![]() |
| Keith Joubert |
(K’rant probeer meer inligting in die hande kry en hoop om later vollediger te berig. – Red.)
André sorg vir apopleksie en druipsterte
PEET VAN STADEN was 14 jaar lank aan Die Vaderland, Die Transvaler en Rapport verbonde, by die laaste twee publikasies as sportredakteur. Daarna het hy as nuusskrywer by die SABC TV begin, later bulletinredakteur geword en uiteindelik uitvoerende regisseur. Onder sy innoverende en dinamiese leiding het die Afrikaanse TV-nuusuitsending op SABC2 tot die grootste kykertal naas die Zulu/Xhosa nuusprogram gegroei. ‘n Tweede Afrikaanse
31.1.13
Op 74 wikkel Willem nog met die nuus
WILLEM KNOETZE, oudjoernalis van Die Vaderland, Die Transvaler en Noord-Transvaler Metro, laat weet dat hy sedert April 1960 in die joernalistiek is en steeds nie moeg vir die beroep is nie.Hy het destyds twee dae ná die sluipmoordaanval op die destydse eerste minister, dr Hendrik Verwoerd, op die Johannesburgse skouterrein by DV begin. Met die sluiting van die koerant het hy by Die Transvaler ingeval, en met dié se heengaan was hy van die begin tot die einde by die Noord-Transvaler Metro (later net Metro), Perskor se gemeenskapskoerant in Pretoria.
Koerantmanne groet Willie Liebenberg
Dié foto het in September 1972 in Perskorhaan onder die opskrif Uit ons Argief verskyn.
Die gewese swaargewig-stoei-kampioen van Suid-Afrika, Willie Liebenberg, het in Februarie 1950 na San Francisco vertrek waar hy aan ‘n wêreldtoernooi deelgeneem het. Om die geleentheid te vier het 'n aanital Johannesburgse koerantmanne op 20 Februarie daardie jaar in die woonstel van wyle Henry Irslinger, toentertydse stoeibaas, byeengekom om Willie die beste toe te wens.
Die gewese swaargewig-stoei-kampioen van Suid-Afrika, Willie Liebenberg, het in Februarie 1950 na San Francisco vertrek waar hy aan ‘n wêreldtoernooi deelgeneem het. Om die geleentheid te vier het 'n aanital Johannesburgse koerantmanne op 20 Februarie daardie jaar in die woonstel van wyle Henry Irslinger, toentertydse stoeibaas, byeengekom om Willie die beste toe te wens.
30.1.13
Kopspeldterreur by Die Vaderland
JAPIE BOSCH skryf: In die dae van tikmasjiene was kopspelde volop in Die Vaderland (en ander koerante) se redaksie. Berigte was op “seksies” getik en dié is dan vasgespeld voordat dit vir die nuusredakteur gegee is. (Skuifspelde is gebruik om byskrifte aan foto’s te heg.)Kopspelde is ook gebruik om berigte uit koerante wat opgevolg moes word, te sny pleks van ‘n hele koerant of twee oopgevou op jou lessenaar te hê.
28.1.13
Meneer met ’n geweer
FRIK VAN DER WALT skryf: Daar was in my groentjiejare byna 'n halfeeu gelede nooit genoeg fotograwe om aan politiek, sport, finansies, algemene redaksie, vroueredaksie en landdros- en hooggeregshof se joernaliste se behoeftes te voldoen nie.
En almal het op die beste fotograwe aangedring omdat 'n goeie foto jou beriggie stukke beter laat lyk.
En almal het op die beste fotograwe aangedring omdat 'n goeie foto jou beriggie stukke beter laat lyk.
25.1.13
Springbok Dirk kon toegewyde Don nie afskud
PIETER KRUGER skryf: Ek wonder of die fotograaf Don Bain nog leef?
Ek was nog op hoër skool op Affies toe ek Don die eerste keer langs Loftus Versfeld se kantlyn sien nael het om Frik du Preez, Mannetjies Roux en Mof Myburg-hulle se beeltenis vir die nageslag te bewaar.
Ek weet nie of die storie heeltemal waar is nie, maar Neil Steyn het Don
Ek was nog op hoër skool op Affies toe ek Don die eerste keer langs Loftus Versfeld se kantlyn sien nael het om Frik du Preez, Mannetjies Roux en Mof Myburg-hulle se beeltenis vir die nageslag te bewaar.
Ek weet nie of die storie heeltemal waar is nie, maar Neil Steyn het Don
24.1.13
Bybelprentjie skop ons uit die Volksraad
ANDRIES BOTHA skryf: Kyk, as 'n man kort is en hy’s skraal en as hy boonop 'n bokbaard het en sy bynaam is Bybelprentjie, dan sal hy Christelik-beleefd glimlag, maar daaragter sit 'n outestamentiese wraak van 'n oog vir 'n oog wat jy net tot jou eie nadeel sal tart.Dit het gegaan oor die (vir ons bloot tegniese) verbreking van 'n spertyd van 'n aankondiging van komende wetgewing wat Die Transvaler
23.1.13
Hermie Hendriks se boeke herdruk
Twee van HERMIE HENDRIKS, oud-redakteur van Die Transvaler en skrywer van speur-spanningsverhale, se boeke is onlangs deur Hartbees-uitgewers van Swellendam herdruk en nog kan volg.
Die eerste twee titels is Vloek van die Heilige Trom en Dodelike Terugkeer.
Hartbees se hoofuitgewer, GERT BASSON, sê die uitgewery gee
Die eerste twee titels is Vloek van die Heilige Trom en Dodelike Terugkeer.
Hartbees se hoofuitgewer, GERT BASSON, sê die uitgewery gee
22.1.13
Grieselrigheid laat Gerhard opnuut gru
PEET SIMONIS het in die begindae van K’rant se tweede lewe só geskryf oor sy eerste besoek aan die Johannesburgse lykhuis:“Niemand is binne toegelaat nie en ek het by ’n venster ingeloer en iets verskrikliks gesien. Moenie vra hoe dit lyk as ’n lykskouing gedoen word nie. Dit is nie vir aanskouing deur gewone mense nie. So, ek weet hoe Dick Prestwich voor sy floute gevoel het." (Dick is deur ‘n floute oorval toe hy ‘n opehart-operasie moes afneem. – Red.)
21.1.13
Ek sal julle nie "drop" nie
JEAN OOSTHUIZEN skryf: My heel eerste redakteur as joernalis by die destydse Hoofstad in Pretoria was PG du Plessis. Toe hy destyds uit die joernalistiek is en weg is by Hoofstad het hy die volgende stuk in Perskorhaan geskryf onder die opskrif “Ek sal julle nie 'drop’ nie.” Dit sê nogal vir my iets van koerantmense en dit is seker daarom dat ek dit nog al die jare gebêre het. (PG verwoord juis dit wat K’rant aan die gang hou. – Red.)
PG het geskryf:
PG het geskryf:
18.1.13
Dokter oorsee kyk na my spiere
RIKA VAN GRAAN, eertydse knap rolstoel-misdaadverslaggewer van Die Transvaler, het Maandag in K’rant vertel hoe dit met haar gaan. Klik HIER om dit te lees. In Maart 1973 het sy in Perskorhaan vertel van haar ervarings in Engeland, nadat sy op Perskor se onkoste daarheen is sodat van die beste neuroloë kon vas te stel wat die oorsaak van haar gestremdheid is.17.1.13
Geluk en twee naamkaartjies besorg my ’n ‘scoop’
PIET EBERSÖHN skryf: ‘n Goeie skeut geluk en twee naamkaartjies het gehelp om my die een werklike "scoop’ te besorg wat my in my koerantdae te beurt geval het – Pretoria se boerebeleg van 29 Januarie 1991.Die Konserwatiewe Party het destyds soveel stadsrade in Transvaal beheer, dat hulle hul eie vereniging van stadsrade op die been gebring het. Dié se jaarkongres is in die Skilpadsaal op die Pretoriase skouterrein gehou en
Gerhard Burger het my gestuur om te gaan verslag doen.
Terwyl ek tydens ‘n teepouse doelloos buite rondgedrentel het, het my koerantmansoor skielik ‘n gesprek opgevang.
K’rant kry subredakteur
K’rant het nog ‘n aanwins tot sy redaksie gekry. Stella Niemand (née Fouché) sal voortaan K’rant se subredakteur wees. ‘n Meer geskikte persoon kon K’rant nouliks voor wens. Buiten dat sy meer as ‘n dekade lank joernalis was, was sy voor haar aftrede 15 jaar lank ‘n taalpraktisyn by ‘n groot versekerings- en finansiëledienstemaatskappy. Boonop, sê sy, help sy “met liefde”.
Uitstekend!
![]() |
| Kobie Breedt |
PIET ROOS skryf: Moer! Ek moet julle geluk wens met die K'rant. Dis uitstekend, en die eerste ding wat ek soggens lees! Baie dankie vir die werk wat julle insit.Dis 'n aangrypende storie oor Francois Roux!
Ek het verlede week gehoor Kobie Breedt, nou dominee op Nylstroom, se dogter het 'n breingewas. Sy is 27.
(Kobie was 'n verslaggewer by Die Vaderland in die vroeë 1970's. -- Red.)
16.1.13
"Ek kom amper tot 'n groot val!"
CARÉNÈ BOSHOFF skryf in Perskorhaan van Augustus 1973: Aardetjie tog, maar dit is hoog! Negentig voet bokant die grond. En onder my is daar net 'n dun ysterpyp en bokant die gebrul van 'n motorfiets se masjien.
Dit is hoe ek gevoel het toe ek onlangs gaan vasstel het watter gevare 'n sirkuskunstenaar alles deurmaak. Eintlik moes ek maar net gaan kyk hoe lewe die mense daar in die sirkus, maar toe besluit ek om sommer self te ondervind wat hulle ervaar.
Dit is hoe ek gevoel het toe ek onlangs gaan vasstel het watter gevare 'n sirkuskunstenaar alles deurmaak. Eintlik moes ek maar net gaan kyk hoe lewe die mense daar in die sirkus, maar toe besluit ek om sommer self te ondervind wat hulle ervaar.
15.1.13
Onvergeetlike Francois ’n kleurryke karakter
HERMAN LE ROUX, gewese assistent- en sportredakteur van Volksblad en later ook van Beeld skryf: Die “Reader’s Digest” het vir baie jare ‘n hoofstuk gewy aan “The most unforgettable character I have met.” Toe my nomadiese vriend, Francois Roux, Junior Springbok-vleuel van 1955 en oud-joernalis van Perskor, in 2008 op 78-jarige ouderdom oorlede is, het ek gedink dit is nogal ‘n raak beskrywing van hom.14.1.13
Skoonmaker se wantrouestem maak opslae
11.1.13
"Ek gaan De Klerk fire. Jy moet oorvat"
Dit klink soos ʼn Vegkop-storie, maar te midde van al die destydse woelinge om Willem de Klerk het Marius Jooste eendag besluit hy gaan ʼn sportskrywer as redakteur van Transvaler aanstel. GERHARD BURGER vertel:
Die ou man het nie tyd gemors nie. “Sit!” het hy beveel. En toe ek op een van die kortpoot-stoele gaan sit, sê hy: “Ek gaan Willem de Klerk fire. Ek wil hê jy moet Transvaler oorvat.”
Die ou man het nie tyd gemors nie. “Sit!” het hy beveel. En toe ek op een van die kortpoot-stoele gaan sit, sê hy: “Ek gaan Willem de Klerk fire. Ek wil hê jy moet Transvaler oorvat.”
Hallo, my China -- So groet ons mense
10.1.13
Tergende teleksraaisel uiteindelik ontrafel
DIRK BENADÉ, perdewedrenredakteur van Die Transvaler van 1977 tot 1987 (hy het Chris Oberholzer opgevolg), skryf: Dit was vroegaand op ‘n Vrydag – vroeg as jy wil begin drink en laat as jy nog nie begin het nie – toe die brandewyn-en-coke-gedagte (die eerste keer daardie bepaalde dag) my by die telekshoof van Beeld, Whitey Odendaal, laat beland het.Ek ek het g’n benul hoekom ek dié watergat gekies het nie, maar Whitey
Fanie en die “force of (political) logic”
ANDRIES BOTHA skryf: Daar is voorvalle in die politiek wat 'n mens nie ligtelik vergeet nie, veral waar dit aankom op belangrike en vername mense wat grootse dade verrig. Onderstaande storie is altyd met smaak herroep deur Blaar Grobbelaar, 'n onvergelyklike meester van die kleinspraak.
Soos wat die gebruik onder politieke korrespondente was, het ek ook maar so
Soos wat die gebruik onder politieke korrespondente was, het ek ook maar so
9.1.13
Papierskeurder in plofbare drukkoker van subkantoor
Aansluitend by die berigte wat die afgelope tyd oor die subkantore van verskillende Perskormedia verskyn het, skryf WILLIE BUYS:In my aanvangsjare as kadetjoernalis by die destydse Die Transvaler in die jare sestig was die gebruik dat beginners eers ’n inisiasiedraai gaan maak het in of die koerantbiblioteek (wyle André du Bruyn, Frikkie van der Walt, wyle Chris Beetge en ander het daar begin).
Etienne kruip weg
ETIENNE KRIEL, gewilde joernalis van onder meer Oggendblad, Die Transvaler en Die Vaderland is ‘n maand gelede oorlede. Dié foto van hom kom uit Perskorhaan van Oktober 1974. Dit is geneem toe hy misdaad-verslaggewer by Oggendblad was en kaalhollery gewild in Pretoria was. Etienne wou uit die voorste gestoeltes sy waarnemings doen, nadat een van sy “agente” hom oor die tyd en plek ingelig het.
8.1.13
Koos Doep trek Arthur Barlow ’n streep
DRIES LE ROUX, gewese subredakteur van Oggendblad, skryf: Na aanleiding van Gerhard Kleijn se bydrae oor die oud-Oggendbladters in K’rant het ek in my geheue gaan delf en op nog ’n klompie name afgekom.
Daar was ook Kobus (“Cat”) Bekker (algemene redaksie), (“Donker”) Daan Eksteen (hofverslaggewer), Willie Jooste (algemene redaksie), Fanus Bothma (hoofsubredakteur), Arthur Barlow (algemene redaksie),
Daar was ook Kobus (“Cat”) Bekker (algemene redaksie), (“Donker”) Daan Eksteen (hofverslaggewer), Willie Jooste (algemene redaksie), Fanus Bothma (hoofsubredakteur), Arthur Barlow (algemene redaksie),
‘n Kersgeskenk ná hanekraai
Die storie loop só: ek het ‘n versameling van 43 Hanekraaie en Perskorhane gehad. Eersgenoemde was die personeelblad van die APB en die ander van Perskor. Met die opruiming van ons huis ‘n paar jaar gelede voor ons verhuising van Johannesburg na Jeffreysbaai het ek ‘n nuwe baas vir hulle gesoek.
7.1.13
Bakgat Jassie se uitverkore boude
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Op ’n dag stap oorle' Kitty Vermaak, DV se vroueredaktrise, die subkantoor binne. Haar aankom na my lessenaar is vandag op ‘n ander manier as ander kere. Sy is op ‘n soektog; op ‘n nogal vreemde missie vir ‘n oujongnooi: sexy boude – mans-agterstewe . ‘n “Paar” wat ‘n hunkering in ’n vrou se denkwêreld aan die gang sit…
(Die hunker-stukkie is darem nou nie wat Kitty prontuit gesê het nie.
(Die hunker-stukkie is darem nou nie wat Kitty prontuit gesê het nie.
Piet se mampoer-storie was lekkerrr!
K’rant het vinnige kommentaar oor Piet Ebersöhn se Mampoer-storie gekry:
• Anton Goosen, Suid-Afrika se liedjieboer, het laat weet dat hy die foto van hom in die storie onthou. “Baie lekker artikel,” skryf hy.
• Linda van Niekerk skryf: Paul Kruger wat vir jare by julle werksaam was, is my oom en dis hoe ek by julle K'rant uitgekom het. Die storie oor die
• Anton Goosen, Suid-Afrika se liedjieboer, het laat weet dat hy die foto van hom in die storie onthou. “Baie lekker artikel,” skryf hy.
• Linda van Niekerk skryf: Paul Kruger wat vir jare by julle werksaam was, is my oom en dis hoe ek by julle K'rant uitgekom het. Die storie oor die
4.1.13
Julle sal my tent tussen sterre in die Melkweg sien staan
"Wat sal ek van my lewe sê? Dit was regtig vir my sinvol en bevredigend. My beroepe, my gesinne. Al het ek ‘n tendens tot donker emosies in my gehad, was ek tog gelukkig. En baie geseënd ook. Ek het nie gely onder gebrek nie. Ek het boorde vol liefde ontvang.”
Willem de Klerk skryf in sy “Groetebrief” wat by sy begrafnis voorgelees is dat hy “nie anders wou gelewe het nie.”
3.1.13
Die ketel tot my redding - tot redding van die ketel
PIET EBERSöHN skryf: Die volgende storie gaan nou wel nie oor my ervarings by Perskor nie, maar dis darem sterk mediaverwant.
Toe ek einde Januarie 1979 by Perskor weg is, het ek by die destydse Transvaalse Landbou-unie (TLU) as redakteur/skakelbeampte ingeval.
Op ’n dag kom Hennie Oberholzer, die komiteeklerk belas met die unie se
Toe ek einde Januarie 1979 by Perskor weg is, het ek by die destydse Transvaalse Landbou-unie (TLU) as redakteur/skakelbeampte ingeval.
Op ’n dag kom Hennie Oberholzer, die komiteeklerk belas met die unie se
Bewonderaar het Len-artikel geniet
Van PW Botha gepraat: toe die Vloot se hoofkwartier van Simonstad na Pretoria verskuif, het Len 'n duikboot geteken wat doodluiters dog paraat in die Apiesrivier opvaar.
2.1.13
Moue Opgerol, Hol Ons 2013 in
K’rant sal in 2013 sy eerste bestaansjaar vier. Die nuwe jaar is egter reeds gevul met groot vewagtinge van bydraes van oud-Perskoriane wat baie stories uit herinnering se wei aan die vergetelheid sal ontruk. Wat egter ook, en dit is die bonus, vir baie van ons NUUS sal wees.
K’rant is in vele opsigte uniek:
K’rant is in vele opsigte uniek:
Teken in op:
Opmerkings (Atom)





















