Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

9.1.13

Etienne kruip weg

ETIENNE KRIEL, gewilde joernalis van onder meer Oggendblad, Die Transvaler en Die Vaderland is ‘n maand gelede oorlede. Dié foto van hom kom uit Perskorhaan van Oktober 1974. Dit is geneem toe hy misdaad-verslaggewer by Oggendblad was en kaalhollery gewild in Pretoria was. Etienne wou uit die voorste gestoeltes sy waarnemings doen, nadat een van sy “agente” hom oor die tyd en plek ingelig het.