Toe skryf Philip: Persfotograwe of dan fotojoernaliste, is die afgelope klomp jare in ‘n hewige stryd gewikkel om hul reputasie te probeer beskerm terwyl die papparazzi en ander geldjagters met kameras nie
sal skroom om met ongevoelige werkswyses hul foto’s met Photoshop en soortgelyke dinge oneerlik en bedrieglik meer opspraakwekkend te maak om die prys daarvan op te jaag nie.
Fotojoernalistiek is ‘n bepaalde vorm van joernalistiek waar fotograwe beelde skep om ‘n nuusstorie te vertel. Tradisioneel dink mens aan stilfoto’s, maar in sekere gevalle verwys die term fotojoernalistiek ook na video wat in die uitsaaijoernalistiek gebruik word.
Fotojoernalistiek onderskei homself van ander afdelings van fotografie soos bv dokumentêre fotografie, straatfotografie of die afneem van beroemde mense, en op ‘n baie belangrike manier.
Fotojoernalistiek (soos ook die geskrewe joernalistiek) moet voldoen aan streng etiese norme wat vereis dat die produk sowel eerlik as objektief/onpartydig is terwyl dit die storie in suiwer joernalistieke terme illustreer.
Die foto’s kombineer met ander nuuselemente om feite maklik verstaanbaar te maak sodat die leser in meelewing die nuusgebeurtenis kan ervaar.
Soos die skrywer is die fotograaf ook ‘n verslaggewer. Sy foto moet die spreekwoordelike duisend woorde vertel. Dikwels moet hy sy besluite oombliklik neem na die aard van die situasie wat hy sien terwyl hy gekniehalter word met swaar en ongemaklike kameratoerusting en dikwels blootgestel is aan uitdagings soos fisieke gevaar, slegte weer, groot skares en dies meer.
Uit die geskiedenis
Carol Szathmari |
Hoewel nuusgebeurtenisse so vroeg soos die 1850’s gefotografeer is, kon drukperse eers in 1880 die foto’s druk. Vroeë nuusfoto’s moes deur ‘n grafeerder herinterpreteer word voor dit gepubliseer kon word.
Die eerste bekende fotojoernalis was Carol Szathmari (Romeense skilder, litograaf en fotograaf) wat foto’s in die Krimoorlog van 1853 tot 1856 geneem het. Net ‘n handvol van sy foto’s bestaan nog. Sy foto’s moes vir publikasie ook eers gegrafeer word voor dit gepubliseer is.
Omdat die publiek meer realistiese beelde van gebeurtenisse wou sien, is nuusfoto’s in daardie tyd in gallerye vertoon of ‘n beperkte getal oorspronklike foto’s is versprei.
Die eerste “halftone” foto in The Daily Graphic |
Soos die tegnologie in die fotografie en die drukkersbedryf verbeter het, het die gehalte van die gepubliseerde foto verbeter. Dit was eintlik eers in 1925 toe die eerste kommersiële 35mm-Leicakamera ontwikkel is en die eerste flitsgloeilamp tussen 1927 en 1930 dat al die elemente byeengekom het om die “Goue Eeu” van die fotojoernalistiek in te lui wat vir die volgende 30 jaar geduur het tot in die 1960’s.
Dit was die jare wat die fotojoernalis ‘n publikasie gesog gemaak het met die foto’s wat hulle geneem het. Publikasies soos Picture Post (Londen), Paris Match (Parys), Arbeiter-Illustrierte-Zeitung (Berlyn), Life en Look (VSA) en koerante soos die Daily Mirror in Londen en die New York Daily News het reuse-sirkulasies en -leserstalle gebou met hoofsaaklik die goeie gebruik van foto’s van fotograwe soos Robert Capa, Romano Cagnoni, Alfred Eisenstädt, Margaret Bourke-White en W Eugene Smith wat almal alombekende name geword het.
Henri Carier-Bresson word deur baie voorgehou as die vader van die moderne fotojoernalistiek hoewel ander fotograwe soos bv Erich Salomon ook in hierdie rol gesien word.
Tot so laat soos in die jare tagtig is die publikasie van foto’s benadeel deur die oliegebaseerde ink wat toe nog gebruik is tesame met die blokmakery wat gedrukte foto’s gesmeer het en die minderwaardige gehalte van koerantpapier.
Eers in die jare tagtig het die meerderheid koerante oorgeskakel na die vlakpers-drukmetode wat foto’s op witter koerantpapier van hoër gehalte gereproduseer het.
In die jare sewentig het fotograwe wat vir tydskrifte gewerk het, sterstatus verwerf hoofsaaklik omdat foto’s wat in tydskrifte gepubliseer is op papier van hoë gehalte gedruk is en hul name by die foto’s verskyn het.
Die bekende boek, The Best of Life (1973) het bv die eerste twee bladsye van die boek gewy aan die gesigfoto’s van 39 beroemde fotograwe wat vir Life-tydskrif gewerk het.
Ironies genoeg kon mens net 300 bladsye verder aanblaai en sien hoe die boek erkenning gee aan anonieme fotograwe van die nuusagentskappe UPI en AP wie se foto’s in die boek gepubliseer is.
Etiese en regspraktyke
Fotojoernalistiek word binne dieselfde etiese raamwerk as die geskrewe joernalistiek bedryf. Wat om af te neem, hoe om die foto saam te stel en hoe om dit te redigeer is alles aspekte wat die fotojoernalis in ag moet neem.
Fotojoernaliste is gedurig in ‘n stryd gewikkel met die etiese en morele verpligtinge wat hul werk dikteer en watter foto’s om vir die publiek te wys. Morele standaarde word maklik deur die hoofredaksie verontagsaam in die strewe na hoër sirkulasiesyfers en leserstalle of kortom, geld.
Só byvoorbeeld word grusame en grafiese tonele van geweld en tragedies in die VSA as verkieslike publikasiemateriaal gebruik met die ongesproke reël van “if it bleeds, it reads”.
Dit is ook nie net in die VSA waar die publiek se aandag maklik getrek word met foto’s van grusame tonele en dramatiese stories nie. Suid-Afrikaners het dieselfde probleem. Hoe meer bloed, lyke en geweld hoe groter die drukoplaag!
Die nou beroemde foto (regs) van die teregstelling op straat van ’n Viëtkong-soldaat tydens die oorlog in Viëtnam het groot belangstelling gaande gemaak omdat dit die presiese oomblik van die dood vasgevang het. Die familie van die slagoffer is ook nie voor die tyd in kennis gestel dat die foto in die openbaar gepubliseer sou word nie.
Ander sake rondom die tersaaklike etiek is bv rondom die reg tot privaatheid en moontlike vergoeding van die persoon wat die nuusonderwerp is asook die publikasie van foto’s van slagoffers van geweld. Veral as die nuusonderwerp opspraakwekkend is.
Om foto’s te “steel” is deesdae baie maklik in vergelyking met ‘n klompie dekades gelede toe kameratoerusting groot en lomp was en die meeste nuusfoto’s geposeer is.
Digitale fotografie het etiese fotojoernaliste nie snags makliker laat slaap nie. Gemanipuleerde foto’s doen daagliks via die internet sommer baie rondtes om die aardbol en die publiek raak sinies en skepties oor wat aan hulle as die ware Jakob voorgehou word.
Die praktisering van fotojoernalistiek, as ‘n wetenskap en as ‘n kuns, verdien die grootste respek en toewyding van elkeen wat die beroep vir ‘n loopbaan betree; soos ook die praktisering van die geskrewe joernalistiek.
How the Internet Killed Photojournalism
“The Sun-Times business is changing rapidly and our audiences are consistently seeking more video content with their news. We have made great progress in meeting this demand and are focused on bolstering our reporting capabilities with video and other multimedia elements. The Chicago Sun-Times continues to evolve with our digitally savvy customers, and as a result, we have had to restructure the way we manage multimedia, including photography, across the network.”
The Chicago Sun-Times laid off its entire photography staff today (including Pulitzer Prize Winner John White) as a part of what is being described as a shift in consumption towards video content. I suppose there could be a kernel of truth in this statement, but it doesn’t really speak to the whole truth about how photojournalism has suffered because of the Internet.
The Sun-Times, like it’s crosstown rival the Chicago Tribune, has suffered from falling print subscriptions. Average weekday distribution fell to just a tad over 184,000 this year, while digital subscriptions rose to 77,660. In the heyday of the daily newspaper, images that required six columns got the ink. But look at how photography is used on the Sun-Times website today.