MARIETJIE VAN ROOYEN skryf soos volg na aanleiding van 'n berig (lees hier) verlede week oor haar betrokkendheid by die eerste Mev Suid-Afrika-wedstryd in Die Vaderland in 1970:Dat julle nou, meer as veertig jaar later, daardie wedstryd moet opdiep!
![]() | |
| Marietjie van Rooyen se jongste toevoeging tot haar Galery van Vreeslike Flaters. |
En dis nie omdat my gewaad so gruwelik deurgeskyn het nie, want daarvan was ek al die jare salig onbewus. (Hoekom het niemand my gesê nie? Wat sou ek daaraan kon gedoen het indien iemand my wel gesê het?)
Om redes wat ek nie kan verstrek nie, aangesien dit ander mense raak, het ek gedink die wedstryd en die partytjie was ’n kolossale flop. Tot my skande moet ek onthul – en ek meen ont-hul – dat ek die oggend na die paartie trane soos reëndruppels op meneer Swellengrebel se mat gestort het terwyl hy my troos. Was sy naam regtig Swellengrebel? Dit lyk so onmoontlik, maar sy mat onthou ek goed, want ek het dit van naderby beskou – reg-tig intiem. Vandag sien ek dat ’n goeie skootjie jeugdige selfimportance my gemotiveer het ...
![]() |
| Stoffel Mynhardt |
Ten sterkte ontken ek dat ek egter my ooit soos ’n prima donna in die kantoor gedra het, dat ek “toe” was voor 10 vm of vir enigiemand geblaf het. Allermins vir liewe Dougie.
Die deurskynende gewaad kan ek ook nou tot my Galery van Vreeslike Flaters toevoeg en gereeld besoek.
Of weet jy wat ... who cares?

