Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.5.13

Van hartland, na ANC-bakermat

Die swart koerant, Imvo, was ook eens deel van die magtige Perskorryk.  

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, dink in sy boek “Hang die redakteur” terug aan sy dae as redakteur van dié publikasie.

1991:

• Middelburg: Afrikaner-hartland. Konserwatiewe Party-wêreld,

John Jabavu
• King William’s Town: Steve Bantu Biko/John Tengo Jabavu. ANC-bakermat.

'n Tydkapsule, een land, twee wêrelde. Vrydagmiddag in die een, Maandagoggend in die ander. "Jy moet gaan uithelp, daar is probleme," was die opdrag.

Verbystering, wanneer ek by die kantoor van Imvo Zabantsundu instap.

Joernliste moet mos onafhanklik wees?

Maar teen die mure is ANC-slagspreuke en 'n reusefoto van Nelson Mandela, later president van Suid-Afrika.

Afrikaanse redakteur, Xhosa-personeel. Daar was net een uitweg. Bid!

Besoek die plaaslike helde se huise, soos Steve Bantu Blko. Leer meer oor John Jabavu, sodat jy kan saampraat tydens gesprekke saans in die Amatole Sun.

En daar gaan 'n nuwe wêreld oop, dié wêreld wát eers in 1994 Suid-Afrika sou word.

John Tengo Jabavu was 'n intellektueel wat Imvo in 1884 gestig het, maar hy het sy reputasie as politieke leier groot skade berokken deur die Afrikanerbond in 1898 te ondersteun.

Imvo was die eerste koerant in Suid-Afrika wal 'n swart eienaar en redakteur gehad het.

Alice Biko se huis
By 'n beskeie huisie net buite King William's Town het 'n bejaarde vrou die deur met ‘n warm glimlag oopgemaak - Alice Biko - ma van Steve Bantu Biko.

Bokant haar kop was 'n foto van die swart bewustheidstleier - die man wat in 1977 tydens ondervraging deur die veiligheidspolisie dood is -- medestigter van die Swart bewustheldsbeweging in die jare sestig.

Vir Alice ... net haar seun.

Só het die oerwoud van vooroordele in 'n paradys verander van kennis en meelewing.

Simunye!

Eksemplare van Hang die Redakteur kan teen slegs R99.99 stuk by marianav@lantic.net of 072/220-1568 bestel word.