In Rooi Rose se Kersuitgawe van 1971 skryf die blad se redakteur, MARTIE SNYMAN, onder die opskrif “Dit sal ek nooit vergeet nie” soos volg:As ‘n mens terugkyk op ‘n joernalistieke pad wat byna 25 jaar ver na die dinge van gister en eergister toe streep, is daar baie insidente wat jy onthou. Sommige borrel só oor van die lag en die lekker dat jy jou






























