Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.10.13

Fotodag 9: Fotograaf wees, is nie net drawwe nie

Persfotograwe het dit soms nie te waffers nie. Hulle moet dikwels langs die rugbyveld draf om 'n wendrie te probeer skiet, dan weer 'n gru-toneel van 'n ongeluk op film vaslê.  Gelukkig is daar ook die "ligter" oomblikke wat in 'n mate vir die minder lekkeres vergoed.  Meegaande foto's van Vaderland-fotograwe het in Junie 1977 in Perskorhaan verskyn.


Stuur gerus jul foto's van destyds.  Ons brand om hulle te sien.


Fotograaf Frank Rosseau in "noue kontak" met ontkleedanseres Glenda Kemp.  Selfs haar luislang, Oupa, is nie eens in die nabyheid om hom te waarsku om sy aandag by sy kamera se knoppie te bepaal nie.



Glen Lampbrecht het skoon vergeet dat hy 'n fotograaf is toe hy hier kennis gemaak het.


Rassie Smal by die slagoffer van 'n ongeluk.


Ian Stephen ontsien nie die weer s hy moet werk nie.