Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.6.12

Kittie in oord; Wessel wikkel

 Kittie in versorgingsoord 

Kittie Vermaak, gewese vroueredaktrise van Die Vaderland en later Transvaler, is in ‘n versorginsoord op Sasolburg na ’n beroerte sowat anderhalf jaar gelede. Sy is baie eensaam en hoor graag van oud-kollegas. Haar telefoonnommer is 016/976-2443 x 2114.

Wessel wikkel steeds

Wessel Oosthuizen
Wessel Oosthuizen
(links), op sy dag hooffotograaf van Die Vaderland, Transvaler en The Citizen, is steeds ’n bedrywige man. Hy bly deesdae op Parys op die Vaal de Grace- gholflandgoed en het pas nog ’n fotoboek in opvolging van Portrait of Rugby gepubliseer (klik op Spogblad). Dan het het hy ‘n verder twee boeke persgereed – een saam met Lappe Laubscher, South Africa at the Olympic Games, en Boesman van VAL, sy memoirs.

Hy vertrek volgende maand Londen toe en sal die vierde keer die Olimpiese Spele dek, daarna ook die Paralimpiese Spele. Verder is hy die amptelike fotograaf van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

Adele in Londen

Adele Gouws, ‘n verslaggewer by Die Transvaler van Willem de Klerk, laat weet dat sy deesdae in Londen is. Sy werk en skryf steeds vir Shoprite en ja, leer Italiaans om die brein aan die gang te hou!