THYS ODENDAAL, deesdae van Beeld, maar in die jare sewentig Phillippa Breytenbach se assistent op Die Transvaler se kunsredaksie, is op die ATKV se jongste Mediaveertjie-toekenningsgeleentheid vereer vir sy jarelange bydrae as kunstejoernalis.
Hy het nie net vanweë ’n jarelange verbintenis met die Afrikaanse kunstejoernalistiek iemand geword om van kennis te neem nie, maar juis om sy wye verwysingsraamwerk, sy ingeligte menings en sy netjies verwoorde kritiek. Dis veral sy fyn luister wat neerslag gevind het in menige artikels, resensies en rubrieke.
Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV, het die toekenning aan hom oorhandig (bo).
- Regs: Freek Robinson, nog ’n oud-Perskorman, het die toekenning as beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram vir Robinson Regstreeks van Kenneth Makatees ontvang. Foto's: ATKV
- Oud-Transvaler-verslaggeefster Maretta Bellingham is vir die beste leefstyl-storie bekroon vir haar bydrae “Vely, vely nice! “ in Vrouekeur.