Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.6.12

Arina Bohler nou by NMMU

Arina (Malan, De Kock) Bohler is deesdae webadministrateur vir die biblioteek- en inligtingsdiens van die Nelson Mandela-Metropolitaanse Universiteit.

Sy was by twee geleenthede ’n lid van Die Transvaler se redaksie. Die eerste keer in Jorrisonstraat waar Carel Nöffke die redakteur was, toe weer in Aucklandpark waar Willem de Klerk die redakteur was.

„My eerste werk was as vertaler van Sapa-nuus. Ons het snags tot lank ná middernag gewerk en ná saktyd het die partytjie begin. „Dankie vir K’rant!” Arina is ’n suster van Danie Malan wat in die jare sewentig in Die Transvaler se algemene redaksie gewerk het.