Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.12.13

Ons is op 6 Januarie 2014 terug

K'RANT span van vandag af uit om sy redakteurs en bydraers ‘n ruskans tot 6 Januarie 2014 te gee.

Baie dankie vir die lekkerlees-stories van die afgelope jaar. Buiten die herinneringe wat herroep is, is ou vriendskappe ook hervat.

K’rant het ongelukkig vanjaar ‘n groot verlies gehad met die afsterwe

12.12.13

Hans se lang pad kruis Mandela s’n

HANS LOMBARD skryf: Nelson Mandela het in sy leeftyd meer as 260 toekennings ontvang. Een van die eerste toekennings wat hy in 1990 ná sy vrylating uit die gevangenis ontvang het, was van die Johannesburgse Persklub wat hom saam met FW de Klerk as Nuusmakers van die Jaar 1990 aangewys het.

Die Persklub het ook geskiedenis gemaak aangesien dit die eerste keer

Ingeplof, ja, maar ingegrif

WILLIE BUYS skryf: Die berig in K’rant oor die sloping van die ou Perskorgebou in Empireweg, Auckland Park, Johannesburg, het gemaak dat ek iets doen het wat ek myself belowe het ek soos die pes sou vermy. Dit is naamlik om soos die lewe aanstap, NIE te verval in die een van die irriterendste ouderdomsgewoontes nie. En dit is om dit wat was, op te rakel in die hede. Jy weet, mense te verveel met dié soort van ding: Dit laat my dink aan toe ek jonk/jonger was …

11.12.13

Toe scoop Lala die kolonel inkluis

LALA WAHL skryf: As 'n mens 'n bietjie mag spog, hier is 'n nota wat dr Willem De Klerk vir my gebring het ná 'n lekker scoop oor 'n groot besending dagga wat die destydse Narkotikaburo onderskep en 'n internasionale smokkelroete ter see blootgelê het.

Ek het in daardie stadium reeds maande lank van die ondersoek geweet en my storie was agtermekaar toe ek die groen lig van die

10.12.13

Evert se hoed en boekie is nie saam

ANKE VAN NIEKERK, weduwee van Evert van Niekerk, skryf: 'n Familielid het, baie opgewonde, vir my gesê: Google bietjie “K’rant - Huldeblyk aan Evert”.

Was my verrassing groot toe ek Willie Buys se berig daar vind (lees hier) asook ene van Suzelle (du Preez) Fourie (lees hier). Dis wonderlik dat iemand, ná 24 jaar, nog aan hom dink. Ja, hy was 'n karakter sonder gelyke.

Twee voorsmakies

PIET EBERSöHN skryf: Jakkie Groenewald se verwysing na Johann Liebenberg en Sybil Coetzee laat my toe dink aan my heel eerste besoek aan Perskor se gesubsidiëerde restaurant destyds nog in Aucklandpark.

Daar was niemand in die lokaal wat ek geken het nie en ek het alleen by ‘n tafel gaan sit. Daar was nog baie ander plek en ek was nogal uit die veld geslaan toe ‘n ouerige, wildvreemde man naderstaan en verneem of hy die tafel met my kan deel. Ek het instemmend geantwoord en gewonder wie hy is.

9.12.13

Fotodag 14: 'n Trotse reus groet

DIE ou Perskor-gebou in Empireweg, Aucklandpark, wat baie jare lank 'n
vesting van die Afrikaanse gedrukte woord was, word gesloop.

Waar vroeër 'n bedrywige koerantkantoor, 'n gekletter van tikmasjiene, die gelui van telefone en die gedreun van rolperse was, dreun nou

6.12.13

Heugelikste sending Alaska toe

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn se storie oor sy eerste “trip” het my herinner aan een van die heuglikste trips wat ek as koerantman gehad het toe ek destyds op my drie-jaar lange “trip” Londen toe is vir die Perskorgroep.

In daardie jare was British Petroleum (BP) besig om die oliepyplyn van Prudoe Bay in die heel noorde van Alaska en reeds in die Arktiese

5.12.13

Landstem het wolf van deur gehou

CHARL THOM skryf: Verwysings hier en daar in K'rant-stories na die ou Landstem vervul my met nostalgiese herinneringe. Trouens, dis die einste ou Landstem wat daarvoor gesorg het dat ek as groentjie in die joernalistiek nie honger gely het nie,

Ek was destyds in my eerste werk by die SAUK as junior verslaggewer en baie rou toe ek met 'n baie karige salaris siel en liggaam aanmekaar

4.12.13

Samevoeging van Sondagkoerante en duur Switserse wekkers

WILLIE BUYS skryf: Die berig uit Hanekraai deur Johan Vosloo oor die amalgamasie van die Afrikaanse Sondagkoerante, Die Beeld (Naspers) en Dagbreek (Afrikaanse Pers Bpk), het heelwat herinneringe uit my geheue-argief  losgemaak. Ek weet ook ‘n ietsie daarvan want ek was as ‘n joernalis en kollega van hom en die fraaie Lucia Gomes, wat ook ‘n Hanekraai-bydrae gelewer het, ten nouste op voetsoolvlak deel van die intense redaksionele stryd tussen die twee grootste Afikaanse

3.12.13

Diesulkes begrawe ʼn mens nie

THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en internasionaal bekende kunstenaar, skryf: Frikkie van der Walt se woes-ry-storie het my aan Hendrikus van der Walt herinner ... een van die stil en waarskynlik heel vergete prinse in die drukkery toentertyd (in my tyd) by Perskor in Aucklandpark.

Ek gebruik nie die woord ‘wyle’ nie want vir my gaan niemand dood

2.12.13

ABsoluut DOL oor Abdol

LEN LINDEQUE, het in 1974 dié pragskets van Abdol van der Merwe, werksbestuurdes van die letterpersafdeling by Perskor, gemaak.  Abdol was 'n man wat 'n mens nie sommer kon miskyk nie as gevolg van daardie welige weglêsnor van hom.

Maart 1974
Abdol was ook gewild by die redaksies van Perskor vanweë sy vriendelike aard, hulpvaardigheid en kenner van sy werk.

29.11.13

My eerste ‘trip’ as koerantman

PIET EBERSöHN skryf: K’rant het nou wel nie die hele foto gebruik nie, maar toe Lala Wahl onlangs ‘n foto van haar ma, Essie, stuur wat tydens ‘n geleentheid van die Vrouelandbou-unie in die eertydse Noord-Transvaal geneem is, het dit my ver laat terugdink aan my eerste “trip” en my eerste scooperigheid as joernalis. Dit was só teen die einde van die jare sewentig by Die Transvaler.

28.11.13

Van parkslaper tot politieke guru

JAPIE BOSCH skryf: Wie sou ooit kon raai dat ‘n jongman wat werkloos in Durban rondgedwaal en in parke geslaap het latere jare elke dag met ‘n das en pak klere by die werk sou opdaag en die ampsbenaming “adjunk-hoofredakteur” van Die Vaderland dra?

Dié man was niemand anders nie as Johann S Liebenberg. ‘n Kort storie oor sy avontuurlustige jong dae het in Perskorhaan van Mei 1972 verskyn.

27.11.13

'n Stem uit die hemel

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Kort nadat Perskor van Aucklandpark na Doornfontein verhuis het, was die terugtog werk en huis toe dubbel so ver met byna ‘n dosyn ekstra verkeersligte. Nie ‘n reuseprobleem vir skofwerkers nie, omdat ons byna nooit in spitsverkeer beland het nie. Op pad werk toe het ‘n mens getrou by verkeersligte stilgehou, maar ná middernag op pad huis toe sonder enige verkeer was ‘n rooi verkeerslig ‘n sinnelose oponthoud. Iemand het gesê ‘n mens hanteer ‘n verkeerslig ná twaalfuur snags soos ‘n stopstraat.

26.11.13

Fotodag 13: 'n Sêd affêre

November 1970
LUCIA GOMES skryf oor die afskeids- geselligheid met die sluiting van Dagbreek om met Die Beeld te amalgameer en Rapport tot stand te bring:

Die amptelike afskeid van die Ou Grote was 'n geselligheid in die APB se direksiekamer. Die bestuur, die redaksie, sirkulasie en lede van die

25.11.13

‘n Donderdag wat anders was

JOHAN VOSLOO skryf: Daai Donderdag van 29 Oktober 1970 het half begin soos alle ander Donderdae -- ietwat grommig. Mense van 'n Sondagkoerant begin hier teen die einde van die week net so 'n rapsie paniekerig word. Dinsdag en Woensdag se geskerts is op Donderdae bra uit pas.

Toe ek gang opstap, staan Sakkie Perold van Kaapse faam ook daar --
ewe drentelend voor mnr. Dirk Richard se kantoor. Verder af in die gang loop Peet Simonis in sy bosbaadjie. Hier is iets, hier is pêre, dog ek so stillerig. Hierdie uit die Kaap opkommery is nie elke dag se ding nie! As ek maar geweet het ...

22.11.13

My "terroris" is jou president

PHILIP DEETLEFS skryf: Toe ek in die vroeë sewentigs by Die Transvaler begin werk het, was my politieke horisonne baie beperk. Ek is gebore kort nadat apartheid uitgevind is en ek is in hierdie stelsel grootgemaak en my realiteite was daar rondom gevorm.

Amper soos ‘n 40-jarige Zimbabwiër vandag die wêreld sal aanskou? Sy lewe lank nog net een heerser beleef.

Oor prekery en die lang naald

JASPER SCHELLINGERHOUT (let op die spelling van my van), oud-Vaderland en nou 'n afgetrede dominee,  skryf oor die lengte van ‘n preek:

Ek het nou maar eenmaal ‘n erge hekel aan preke wat mank gaan aan goeie substans en inhoud. Self doen ek moeite om ‘n tema behoorlik toe te lig en dan dwaal die horlosie se lang naald bietjie verby kerkuitkomtyd. My vrou moes my van tyd tot tyd suutjies berispe hieroor. (Was darem nou nie naastenby so ‘n uitgerekte storie soos Herman Charles Bosman se Ps. 119-singery nie, dankie tog!)

21.11.13

Jan, Jan, Jan, die man van staal

PIETER KRUGER skryf: Ek kry twee weke gelede ‘n oproep op my selfoon, maar voordat ek dit kon beantwoord, sit die persoon aan die ander kant neer.

Seker maar iemand wat ‘n “piece job” soek en nie meer sellfoontyd het nie, dog ek.

En wie antwoord toe ek terugbel? Jan van der Merwe.