WILLIE BUYS skryf: Die berig uit Hanekraai deur Johan Vosloo oor die amalgamasie van die Afrikaanse Sondagkoerante, Die Beeld (Naspers) en Dagbreek (Afrikaanse Pers Bpk), het heelwat herinneringe uit my geheue-argief losgemaak. Ek weet ook ‘n ietsie daarvan want ek was as ‘n joernalis en kollega van hom en die fraaie Lucia Gomes, wat ook ‘n Hanekraai-bydrae gelewer het, ten nouste op voetsoolvlak deel van die intense redaksionele stryd tussen die twee grootste Afikaanse persgroepe se Sondagkoerante.
![]() |
| Johan Vosloo |
Soos Johan egter geskryf het, het die einde egter die volgende dag gekom met die nuus van die samesmelting van die twee koerante om een te vorm onder die gesamentlike beheer van die beide die strydende faksies.
Daar is al kolomme en kolomme vol geskryf oor dié stryd, dus volstaan ek by my herinneringe van die tersaaklike tydperk. Johan, of Vossie soos hy by sy kollegas bekend gestaan het, het die kern van die gebeure in sy berig vasgevat. Wat hy egter nie gesê het nie, was die geskenke wat elke redaksielid gekry het. In haar berig maak Lucia wel bekend dit was onder andere duur ingevoerde Switserse wekkers met die haanlogo van Afrikaanse Pers Beperk, ‘n hoenderhaan, daarop ingegraveer. Weet nie van die ander afdelings nie, maar elke redaksielid het onder meer een gekry.
![]() |
| Saamgestelde illustrasie |
Daaropvolgend is onder meer die Rapport se redaksionele posteverdeling gedoen en net die keur van die twee redaksies is behou. Ek self is ‘n pos aangebied op die ekonomiese redaksie, wat ek beleefd van die hand gewys het. Vir my het dit destyds gelyk asof hulle wou hê ek moet juis dit doen omdat ek geen ervaring gehad het van ekonomiese verslaggewing nie.
![]() |
| Lucia Gomes |
En Lucia? Wat het van haar geword het? En is dit nie ‘n vreemde sameloop van omstandighede dat albei ‘nietsie vir die personeeltydskrif Hanekraai geskryf het nie, want tydens hul kollegatyd was daar iets van ‘n korstondige romanse tussen die twee. Ek weet egter nie genoeg daarvan om gesaghebbend daaroor te praat nie en laat dit daar.


