Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

2.12.13

ABsoluut DOL oor Abdol

LEN LINDEQUE, het in 1974 dié pragskets van Abdol van der Merwe, werksbestuurdes van die letterpersafdeling by Perskor, gemaak.  Abdol was 'n man wat 'n mens nie sommer kon miskyk nie as gevolg van daardie welige weglêsnor van hom.

Maart 1974
Abdol was ook gewild by die redaksies van Perskor vanweë sy vriendelike aard, hulpvaardigheid en kenner van sy werk.


Van die werksafdeling gepraat:


Dié jong manne in Hoofstad se settery is onlangs voor 'n keuse gestel: sny julle hare af of sit ‘n netjie om. Te verstane wou nie een van hulle uit die mode wees nie en hulle besluit toe om maar die alternatief te kies: die haarnet, Natuurlik tot groot vermaak van die ander, want hulle lyk te kostelik! Dit is glo 'n bestaande kapelreël dat indien jy met masjinerie werk, moet jou hare kort en netjies wees en vandaar die opdrag aan die vakmánne (veral).  Hierbo werk Donald Kretsman, Ben Uys en Pikkie Thomas met hul haarnette om. Hulle was baie verleë toe ons 'n foto wou neem, dog hulle weier, om hul kapsels te verander. -- Perskorhaan, Augustus 1973.


Die rugbygeesdrif het Saterdag 29 Augustus 1970 net ná afloop van die derde toetswedstryd hoog geloop by die drukkery in Aucklandpark. Die kêrels het dadelik gees gevang en om die Springbokke se oorwinning te vier, het elkeen vir hom 'n hoedjie gemaak van Dagbreek en Landstem se plakkate. Daarna het die klomp sommer lekker gelees aan die verslag in dié koerant.

Agter is Gert Nienaber (nagdiens algemene voorman), Kemp van Staden (eerste bediener), A. van der Merwe (nagskofvoorman), Albert Paice (vakleerling) en Frikkie Geyser (vakleerling).

Voor is George Lind (ambagsman), Charlie Weber (ondervoorman), Johan Vorster (groepsirkulasiebestuurder), Johan Koen (ingenieursafdeling) en Fancy van Staden (lito).

(Dit was 'n toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die Springbokke het 14 – 3 gewen. Ná die vierde toets het die Springbokke die reeks 3 - 1 gewen. – Red.) -- Hanekraai, September 1970.