Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.12.13

Twee voorsmakies

PIET EBERSöHN skryf: Jakkie Groenewald se verwysing na Johann Liebenberg en Sybil Coetzee laat my toe dink aan my heel eerste besoek aan Perskor se gesubsidiëerde restaurant destyds nog in Aucklandpark.

Daar was niemand in die lokaal wat ek geken het nie en ek het alleen by ‘n tafel gaan sit. Daar was nog baie ander plek en ek was nogal uit die veld geslaan toe ‘n ouerige, wildvreemde man naderstaan en verneem of hy die tafel met my kan deel. Ek het instemmend geantwoord en gewonder wie hy is.

Sonder om hom voor te stel, is sy eerste vraag toe: “Wanneer laas het jy vir Sybil gesien?”

Sybil Coetzee
Onbewus wie hy of Sybil was, het ek maar geantwoord dat ek vermoed hy verwar my met iemand anders.

Ek ken nie ‘n Sybil nie.

Hy het my nie reggehelp nie en die ete het verder maar bra strammerig en stil verloop.

Eers heelwat later het ek verneem wie dit was, dat hy na die bekende aktrise Sybil Coetzee verwys het, en wat sy verwantskap met haar was. Wie hy gedink het ek was, het ek nooit vasgestel nie.

En is ek nou onnodig sinies of was die haan op Dagbreek en Landstem se afskeidswekkers (lees hier) ‘n voorsmakie van die hoenderbonusse (lees hier) wat later sou kom?