Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.12.13

Ons is op 6 Januarie 2014 terug

K'RANT span van vandag af uit om sy redakteurs en bydraers ‘n ruskans tot 6 Januarie 2014 te gee.

Baie dankie vir die lekkerlees-stories van die afgelope jaar. Buiten die herinneringe wat herroep is, is ou vriendskappe ook hervat.

K’rant het ongelukkig vanjaar ‘n groot verlies gehad met die afsterwe
Andries Botha
van Andries Botha, een van sy redakteurs. Andries was ‘n gereelde bydraer en inisieerder van stories. Sedert K’rant se ontstaan het hy nie minder nie as 63 stories vir ons geskryf.

Dit gaan goed met K’rant. In die afgelope jaar het ons 320 stories geplaas.  Ons het 12 200 (34 per dag) besoeke gehad. Dié besoekers het saam altesame amper 40 000 (114 per dag) stories gelees. Ons gereelde leseral word op 120 geskat. Hopelik sal ons  daarop voortbou in die nuwe jaar.

Ons wens ons lesers en bydraers ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2014 toe.

Op 6 Januarie 2014 is ons weer terug. Kry intussen die stories reg.