Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.12.13

Toe scoop Lala die kolonel inkluis

LALA WAHL skryf: As 'n mens 'n bietjie mag spog, hier is 'n nota wat dr Willem De Klerk vir my gebring het ná 'n lekker scoop oor 'n groot besending dagga wat die destydse Narkotikaburo onderskep en 'n internasionale smokkelroete ter see blootgelê het.

Ek het in daardie stadium reeds maande lank van die ondersoek geweet en my storie was agtermekaar toe ek die groen lig van die
ondersoekspan kry om dit te skryf.

Die brief lui: Ek wil jou gelukwens met jou storie 
oor die Dagga. Dit getuig van goeie deursetting 
en inisiatief.  Hou so aan!
Toentertyd mog ondergeskikte polisiemanne nie amptelike verklarings aan die pers doen nie en toe ek 'n sekere kolonel nader vir bevestiging, ontken hy die storie.

Teen laataand kon ek die destydse speurhoof, genl Kobus Visser by sy huis in Pretoria in die hande kry. Hy het die berig bevestig en lekker gelag.

Ander koerante het die volgende oggend met klein vullertjies verskyn waarin die kolonel aangehaal word. Natuurlik wou hy die erkenning vir ander ouens se speurwerk kaap!

Ek weet almal het nie van Willem de Klerk gehou nie, maar vir my was dit lekker om deur die hoofredakteur aangeprys te word. Só lekker dat  ek steeds sy aansporing veilig hou en die wonderlike tye as koerantverslaggewer bepeins!

Lala skryf:  My misdaadhoekie in Doornfontein. Daardie tikmasjien het menige
 intriges uitgespoeg, meestal  in alleryl om die "deadline" te klop. Die boksie met 
lekkerruikstokkies was iewers tydens 'n narkotika-klopjag vir my gegee. 
Wens ek kan onthou wie die foto geneem het!