Daarna Nasionale Tydskrifte toe (Landbouweekblad) en vandaar (1983 –’87) teologiese opleiding by die Teologiese Seminarie van die Evangelies-Gereformeerde Kerk en Unisa. Predikant te Uitenhage, Pretoria (Rietfontein/Villieria) en Oudtshoorn. Emeriteer in 2011 en woon in George. Hy dien steeds as voorsitter van die EG Kerk se Sinodale Sendingkommissie en doen nog berading en aflosprediking. Sing gereeld by kerklike geleenthede en is ook lid van George se Mannekoor. E-adres: jasperchristel@gmail.com
K’rant het Jasper gevra hoe hy in die bediening beland het en wat hy daar ervaar het.
Hoe beland ’n koerantman dan nou op die preekstoel? Hoe beland ‘n joernalis wat 19 jaar lank in die bedryf was -- en met ’n redelike mate van sukses -- op ’n ongewone plek soos ‘n preekstoel? Geamuseerdes het my nogal dikwels gevra hoe dié redelik ongewone „ruil” gekom het …
Ek was seker maar nie een van die deursnee-joernaliste nie. By tye ook gespot oor ’n soort andersheid. Vir my om bv. nee te sê vir alkohol, was vir sommige kollegas soos vir ’n Eskimo om ’n veldbrand te sien.
Ek het by tye saam met die manne gegaan as hulle die sorge en prestasies en hul dors wou aanspreek met oom Solly Kramer se middele.Die kuierplek so ’n paar klipgooie vanaf Empireweg in Aucklandpark en later „Vegkopˮ in Doornfontein lê nog helder geëts. ’n Coke of ’n Fanta was nie vir my ooit ’n ongemaklikheid in die hand nie. Ek het ook nooit gedink ek’s beter as ander ouens nie – tog wel anders.
My streng Christelike, Nederlands-Gereformeerde herkoms het ’n rol hierin gespeel. My pa was ’n boer in die Gamtoosvallei [Oos-Kaap] en het, nadat hy tot ’n radikale bekering gekom het, gereeld sendingdienste gehou. Ek het dikwels saam met hom gegaan wanneer hy in omliggende gemeenskappe gaan preek het. Iets hiervan het seker aan my geklitsgras, want as kind het ek al vir my maats gepreek.
Nou nie dat jy juis engeltjies om my sou sien fladder nie. Ek was gewis nie my ma se soetste seuntjie nie en het my ander ses broers se lewe dikwels as opperste platjie vergal.
Skryf en taal en die digkuns was altyd ’n lekkerte vir my. Kweekskool toe was dit toe nie toe ek ‘n loopbaankeuse maak. Op 1 Desember 1964 stap ek by Die Oosterlig se redaksiekantoor in Port Elizabeth in as jong verslaggewer. Gerhard Burger, Phil Zaayman, Louis Oosthuysen, Nato Barnard, Freek Swart … wat later almal Perskor-manne of dan immers halwes [deur Rapport se ontstaan] geword het, was van my kollegas.
Ton Vosloo en Hermien Oberholzer was toe al weg na groter koerante en posisies in die koerantwese. Die Oosterlig het nogal ‘n gewoonte gewys om ‘n goeie oes van koerantmanne op te lewer. In 1966 raak my lewe koersloos. Ek was steeds ’n kerkganger, maar dit was maar net ’n dooie tradisiesaak. Ek het ’n intense soeke na vrede ervaar.
Een Sondag by die kerk kom daar ’n besondere keerpunt en gee ek my lewe oor aan die Here. Ek ontmoet Hom persoonlik – die Een van wie ek so baie gehoor en geweet het en as kind oor gepreek het. My lewe het radikaal verander . Nes Pa sou ek nou oor naweke saam met Christenvriende sendingdienste hou en betrokke raak met geestelike dinge. Selfs ’n Christelike toneelstuk geskryf en saam met vriende opgevoer.
Links: 'n Knipsel uit 'n Perskorhaan van 1974: Jasper Schellingerhout en sy vrou Christel pas na hul aankoms uit Port Elizabeth by Die Vaderland. Hy was by die subredaksie en sy 'n tikster. "Check die daai ou se 'safari'," sou die "chillers" van destyds seker gesê het!
In daardie stadium is twee van my maats by ons gemeente Kweekskool toe. Stilweg het dit met my „gepraat”. Ek het diepweg geweet dis ook my pad, maar ek was ongehoorsaam. So mettergaan het die stemmetjie stil geraak. My vordering in die joernalistiek was goed. Agt jaar later is ek hoofsub en kry ek kort daarna ‘n goeie aanbieding as assistant-hoofsub by Die Vaderland. Perskor was nogal lief vir Naspers se manne.
Ek en my jong vrou, Christel, is begin 1974 vort na die grote Johannesburg. Die polsslag van ‘n groot dagblad en die snelrattempo van Johannesburg was nogal ‘n aanpassing, maar ook baie stimulerend. In my jare by Perskor het ek baie ingesit en het ek redelik gou tot hoofsub en later redakteur van die streekkoerante gevorder.
‘n Tyd lank het ek vyf werke gehanteer en so gemiddeld vier, vyf ure per nag slaap ingekry.
Ek moet sê ek het toe baie minder in die kerk gekom, maar darem nie my heeltemal ankers verloor nie. Met my dol, vol lewe kom dit selfs so dat die Sondag toe ons eersteling gebore is, ek eers 00:30 tuiskom van Sport-Rapport af en moes ek weer net na agt die oggend saam met een van die subs en [ek meen] Wessel Oosthuizen en Frank Rossouw op kantoor wees om foto’s uit te sorteer vir ’n rugbybylaag van DV.
Vieruur daardie oggend kry Christel die eerste „paaiementjie” van haar kraampyne. Ek het nie ’n telefoon nie en had nie die ander manne se nommers nie. „Saam kantoor toe, ou girl – g’n ander uitweg nie …”. Sy’s maar skuifelvoetjie saam met die hande op die „boepie”…
Ek spring aan die werk en probeer die angs in haar oë ignoreer, terwyl ek myne agter kleurtranspirante met rooibont-rugbytruie wegsteek… ’n Uur later sê Christel dis nou in die rooi in met die geboortepyne. Net ’n paar vinnige instruksies en vandaar reguit na die ou Queen Vic-kraamhospitaal waar ons knaap so nege ure later sy skroue laat hoor.
En al die harde werkery? Om my eerste huis te bou. Net so neffens Gordonweg-afrit in Florida Glen, nie ver van van waar Peet van Staden en Piet Ayers ook gebly het nie.
Die bank wou my destyds nie ’n lening gee as eienaarbouer nie. En ek was vasbeslote om dit soveel moontlik self te finansier. Terloops, ek het nog die huis ook gehelp bou en by ’n ou Cadac-lampie soms tot saans laat teëls gelê en naweke dakkappe help maak.
Johannesburg het my nie regtig aangestaan nie en ná enkele jare se baie harde werk is ek weer terug na Nasionale Pers en word ek streekredakteur van Landbouweekblad vir die Oos-Kaap. Hier sou ek geseën wees met voorspoed en was ek drie uit vyf jaar onder die top-vyf skrywers wat meegeding het om John Deere se Landboujoernalis van die Jaar-toekenning.
In 1981 sou ek dit wen, met ‘n rit na die VSA as prys. As boerseun het ek goed gedy op die landbou-„beat’. Rondom 1980 en daarna slaan ek ’n paar slaggate op my geestelike pad. Ek was ’n diep ongelukkige mens. Ons dogtertjie was erg siek met vele komplikasies. Dit het my diep laat dink en het ek ernstig besin oor my lewe.
In Mei 1982, met Pinksterdienste, vind ’n radikale verdieping in my geestelike lewe plaas en onmiddellik doem die roeping tot die bediening weer voor my op. Ek worstel baie weke en maande met die saak. Ek’s dan so suksesvol en die manne in die Kaap praat van bevordering e.d.m..
Nou weer voor begin – in die heel eerste hoekblokkie van die grafiek? Weer student word op 36? Ek kry nie rus nie, tot ek my die woorde hardop hoor uiter: „Ek sal gaan, Here. Ek weet dis wat U wil hê.” Vier dae later is ek in Pretoria voor die Kerk se kuratorium, wat toelating tot die Kweekskool hanteer. Ek word gekeur en bedank tot verbasing van vele.
Die ou het seker maar ‘n „Bybelstryd”, of so iets … of hy’t seker ’n „apostolie” geword, het van hulle dalk gesê. My eenvoudige verweer was: Ek wil net gehoorsaam wees aan ’n Hoër Stem as my eie, ter wille van mense wat die Here nodig het, en dit was vir my getel het. En so was dit ook. ‘n Beroep en ‘n roeping is noue verwante entiteite, wat tog ook inherent van mekaar verskil.
Lg. is ’n diep hartsdrang met ongelooflike inherente krag. Ek had duidelik ‘n roeping tot die bediening en wat dit sinvoller sou maak was die feit dat ek uit ’n posisie kon getuig en preek van persoonlike belewing van wat die Here vir my en in my gedoen het.
Om ’n reis na die VSA te verbeur, student te word op 36 met ’n vrou en twee kinders en ’n vyfjaardiplomakursus saam met ’n graad in teologie [B.Th.] te voltooi, was nogal ’n redelike suurtoets vir of jy regtig ’n roeping tot predikant het . En natuurlik ook vir jou gehoorsaamheid.
Links: Jasper Schellingerhout, saam met sy vrou Christel, toe hy in 2011 as predikant in Oudtshoorn geëmeriteer het. Die oud-Vaderlanders (sy vrou het ook by die Vaderland gewerk) vat die pensioendae nou een-vir-een in hul huis op George.
In 1988 het ek toe predikant van die Evangelies-Gereformeerde Kerk geword en is ek op Uitenhage georden. Koerante het deur al die jare, naas die Bybel en geestelike naslaanwerke, vir my hart se „saf” iets spesiaals gebly . Taalversorging, ’n mooi bladuitleg en raak opskrifte hét altyd en laat stééds my are se ink vinniger vloei.
Ek bly eintlik steeds ook latent joernalis met ‘n soort vervulling wat ek steeds vind in skryf. Deesdae meer in die digkuns. Ek sien steeds stories raak. Swak taalgebruik – RSG sorg nogal vir ’n goeie kwota daarvan deesdae! -- gaan steeds erg teen my grein in.
Interessant genoeg het ek in my meer as 24 jaar as predikant dikwels spreekwoordelik met die koerant langs die Bybel gepreek, want aktuele prediking was vir my ’n prakties-werkbare wyse om by mense se siele uit te kom. Veral die roeringe in die Midde-Ooste rondom Israel se totstandkoming (na byna 2 500 jaar) as ’n staat en die bedreiging teen dié land, wat terloops duidelik in die Bybel voorspel is, is hierin ’n interessante voorbeeld.
Koerantmanne bygestaan
Ek het ‘n paar keer oor RSG en ander senders gepreek en was nogal verras deur oud-kollegas wat van hulle laat hoor het en waardering betuig het. ’n Joernalis wat ’n predikant word, kan seker nogal vir ‘n paar prikkelings en reaksies sorg. Terloops, ek het ook die voorreg gehad om ‘n paar koerantmanne wat geestelike krississe gehad het, by te staan en te beraad. En ek is as emeritus steeds betrokke by mense se geestelike nood.
My joernalistieke waarde is darem ook in die kerk gebruik en was ek sewe jaar lank redakteur van ons kerkgenootskap se amptelike blad . Ek het o.m. ’n boek oor die kerk gehelp saamstel en taalkundig versorg en was ’n tyd lank skakelpersoon van die kerk.
In my tyd as predikant het ek vele moeilike dinge beleef. Die mooi was vir seker ook daar. Ek het met baie mense se „gekromde uitroeptekens” te make gekry. Dis nou wanneer uitroeptekens ’n kink kry en ‘n vraagteken word. Mense se lewens raak al komplekser en die wêreld ’n „harder” plek om jou „staning” in te vind vir talle mense.
Die lag met ’n traan was daar ook: ek is met gemeentelede by ‘n straattafel in Uitenhage en hier staan Japie Bosch skielik voor my saam met sy sus, Veronica Fourie van RSG. Hy kuier by haar op Uitenhage. Ons praat ’n paar Vaderland-herinneringe deur. Twee dae later is sy sus in ’n grusame ongeluk en haar dogtertjie sterf op haar skoot.
Veronica het talle frakture lê in die hospitaal. Ek was nooit eksklusief in my bediening nie en het enigeen wat in nood was bedien. Die Maandag op pad gholfbaan toe besoek ek haar eers gou. Sy is letterlik en figuurlik stukkend en het gebed nodig. Die penne van die Hoffman-aparaat in en deur haar bene was een te veel vir my.
Links: Veronica Fourie gekoppel aan die Hoffman-apparaat. Dít het Jasper laat omkap.
Ek bid terwyl ’n vreemde lighoofdigheid my beetpak en kom nie by „Amen” uit nie – of dalk het ek [?]. En daar slaan ek neer. Uit vir ver meer as tien … Voortand uit. Gat in die voorkop. En ’n gillende Veronica onder wie se bed ek beland wat die personeel laat naderskarrel. Hulle dag die predikant het ’n koronêr. Wat ‘n lekker storie! Dominees maak mos enige storie altyd lekkerder – nes Spur se spesiale sampioensous op ‘n steak.
Onmiddellik is enige goeie sub se kop vir so ’n storie ’n gawe leeslekkerny:
En so was dit toe ook. In vier verskillende koerante is my verleentheid sappig opgedis. Seker maar die blinde sambok wat my geslaan het oor my joernalisdae se ds.-stories! En hét my kollegas gelag, selfs in die Sinodesaal. Die eertydse uil en trapsuutjie van Nuustak op TV was ook in op die ding met ’n draakstekery oor die „arme ds. Jasper”wat onder die pasiënt se kooi beland het!
Tot vandag is Veronica bly as sy my sien. Sy het die gebed en vele ander besoeke daarna baie gewaardeer; ook die opwinding in haar saai hospitaalsaaltjie daardie Maandagoggend, wat toe gholfloos verbygegaan het. Ek is naamlik na ongevalle weggeskarrel waar ek behendig en summier ontsnap het toe ek hoor hulle bel my dokter vir steke insit. G’n ou vir naalde, ek nie.
En die reis wat ek as Joernalis van die Jaar toe verbeur het? Wel, die Here het my seker maar beloon vir my gehoorsaamheid. Ons het nou al vier keer die VSA kon besoek, danksy ons seun wat ’n sagteware-ingenieur daar is.
Ek was seker maar nie een van die deursnee-joernaliste nie. By tye ook gespot oor ’n soort andersheid. Vir my om bv. nee te sê vir alkohol, was vir sommige kollegas soos vir ’n Eskimo om ’n veldbrand te sien.
'n Coke in Vegkop
Ek het by tye saam met die manne gegaan as hulle die sorge en prestasies en hul dors wou aanspreek met oom Solly Kramer se middele.Die kuierplek so ’n paar klipgooie vanaf Empireweg in Aucklandpark en later „Vegkopˮ in Doornfontein lê nog helder geëts. ’n Coke of ’n Fanta was nie vir my ooit ’n ongemaklikheid in die hand nie. Ek het ook nooit gedink ek’s beter as ander ouens nie – tog wel anders.
My streng Christelike, Nederlands-Gereformeerde herkoms het ’n rol hierin gespeel. My pa was ’n boer in die Gamtoosvallei [Oos-Kaap] en het, nadat hy tot ’n radikale bekering gekom het, gereeld sendingdienste gehou. Ek het dikwels saam met hom gegaan wanneer hy in omliggende gemeenskappe gaan preek het. Iets hiervan het seker aan my geklitsgras, want as kind het ek al vir my maats gepreek.
Nou nie dat jy juis engeltjies om my sou sien fladder nie. Ek was gewis nie my ma se soetste seuntjie nie en het my ander ses broers se lewe dikwels as opperste platjie vergal.
Koerantman sedert 1964
Skryf en taal en die digkuns was altyd ’n lekkerte vir my. Kweekskool toe was dit toe nie toe ek ‘n loopbaankeuse maak. Op 1 Desember 1964 stap ek by Die Oosterlig se redaksiekantoor in Port Elizabeth in as jong verslaggewer. Gerhard Burger, Phil Zaayman, Louis Oosthuysen, Nato Barnard, Freek Swart … wat later almal Perskor-manne of dan immers halwes [deur Rapport se ontstaan] geword het, was van my kollegas.
Ton Vosloo en Hermien Oberholzer was toe al weg na groter koerante en posisies in die koerantwese. Die Oosterlig het nogal ‘n gewoonte gewys om ‘n goeie oes van koerantmanne op te lewer. In 1966 raak my lewe koersloos. Ek was steeds ’n kerkganger, maar dit was maar net ’n dooie tradisiesaak. Ek het ’n intense soeke na vrede ervaar.
Een Sondag by die kerk kom daar ’n besondere keerpunt en gee ek my lewe oor aan die Here. Ek ontmoet Hom persoonlik – die Een van wie ek so baie gehoor en geweet het en as kind oor gepreek het. My lewe het radikaal verander . Nes Pa sou ek nou oor naweke saam met Christenvriende sendingdienste hou en betrokke raak met geestelike dinge. Selfs ’n Christelike toneelstuk geskryf en saam met vriende opgevoer.
Links: 'n Knipsel uit 'n Perskorhaan van 1974: Jasper Schellingerhout en sy vrou Christel pas na hul aankoms uit Port Elizabeth by Die Vaderland. Hy was by die subredaksie en sy 'n tikster. "Check die daai ou se 'safari'," sou die "chillers" van destyds seker gesê het!
In daardie stadium is twee van my maats by ons gemeente Kweekskool toe. Stilweg het dit met my „gepraat”. Ek het diepweg geweet dis ook my pad, maar ek was ongehoorsaam. So mettergaan het die stemmetjie stil geraak. My vordering in die joernalistiek was goed. Agt jaar later is ek hoofsub en kry ek kort daarna ‘n goeie aanbieding as assistant-hoofsub by Die Vaderland. Perskor was nogal lief vir Naspers se manne.
Ek en my jong vrou, Christel, is begin 1974 vort na die grote Johannesburg. Die polsslag van ‘n groot dagblad en die snelrattempo van Johannesburg was nogal ‘n aanpassing, maar ook baie stimulerend. In my jare by Perskor het ek baie ingesit en het ek redelik gou tot hoofsub en later redakteur van die streekkoerante gevorder.
‘n Tyd lank het ek vyf werke gehanteer en so gemiddeld vier, vyf ure per nag slaap ingekry.
- Soggens vroeg tot vroegmiddag – subkantoor: Vaderland;
- Direk daarna: advertensieafdeling van Die Transvaler vir kopieversorging en vertaalwerk; dan so vyfuur huis toe om gou te eet en
- Weer 6 – 10 saans by Die Transvaler se nagredaksie [so R12 of R14 verdien vir die vier ure].
- Daarbenewens Die Vaderland se bylaes en spesiale sportbylaes se redaksionele versorging, waarmee ek soms tot drieuur soggens gesweet het.
- Vrydagmiddae en Saterdae het ek by Rapport se sportredaksie ‘ingeklok’.
Ek moet sê ek het toe baie minder in die kerk gekom, maar darem nie my heeltemal ankers verloor nie. Met my dol, vol lewe kom dit selfs so dat die Sondag toe ons eersteling gebore is, ek eers 00:30 tuiskom van Sport-Rapport af en moes ek weer net na agt die oggend saam met een van die subs en [ek meen] Wessel Oosthuizen en Frank Rossouw op kantoor wees om foto’s uit te sorteer vir ’n rugbybylaag van DV.
Kraampyne in die subkantoor
Vieruur daardie oggend kry Christel die eerste „paaiementjie” van haar kraampyne. Ek het nie ’n telefoon nie en had nie die ander manne se nommers nie. „Saam kantoor toe, ou girl – g’n ander uitweg nie …”. Sy’s maar skuifelvoetjie saam met die hande op die „boepie”…
Ek spring aan die werk en probeer die angs in haar oë ignoreer, terwyl ek myne agter kleurtranspirante met rooibont-rugbytruie wegsteek… ’n Uur later sê Christel dis nou in die rooi in met die geboortepyne. Net ’n paar vinnige instruksies en vandaar reguit na die ou Queen Vic-kraamhospitaal waar ons knaap so nege ure later sy skroue laat hoor.
En al die harde werkery? Om my eerste huis te bou. Net so neffens Gordonweg-afrit in Florida Glen, nie ver van van waar Peet van Staden en Piet Ayers ook gebly het nie.
Teëls lê by 'n Cadac-lampie
Die bank wou my destyds nie ’n lening gee as eienaarbouer nie. En ek was vasbeslote om dit soveel moontlik self te finansier. Terloops, ek het nog die huis ook gehelp bou en by ’n ou Cadac-lampie soms tot saans laat teëls gelê en naweke dakkappe help maak.
Johannesburg het my nie regtig aangestaan nie en ná enkele jare se baie harde werk is ek weer terug na Nasionale Pers en word ek streekredakteur van Landbouweekblad vir die Oos-Kaap. Hier sou ek geseën wees met voorspoed en was ek drie uit vyf jaar onder die top-vyf skrywers wat meegeding het om John Deere se Landboujoernalis van die Jaar-toekenning.
'n Prys na die VSA
In 1981 sou ek dit wen, met ‘n rit na die VSA as prys. As boerseun het ek goed gedy op die landbou-„beat’. Rondom 1980 en daarna slaan ek ’n paar slaggate op my geestelike pad. Ek was ’n diep ongelukkige mens. Ons dogtertjie was erg siek met vele komplikasies. Dit het my diep laat dink en het ek ernstig besin oor my lewe.
In Mei 1982, met Pinksterdienste, vind ’n radikale verdieping in my geestelike lewe plaas en onmiddellik doem die roeping tot die bediening weer voor my op. Ek worstel baie weke en maande met die saak. Ek’s dan so suksesvol en die manne in die Kaap praat van bevordering e.d.m..
Nuwe begin
Nou weer voor begin – in die heel eerste hoekblokkie van die grafiek? Weer student word op 36? Ek kry nie rus nie, tot ek my die woorde hardop hoor uiter: „Ek sal gaan, Here. Ek weet dis wat U wil hê.” Vier dae later is ek in Pretoria voor die Kerk se kuratorium, wat toelating tot die Kweekskool hanteer. Ek word gekeur en bedank tot verbasing van vele.
Die ou het seker maar ‘n „Bybelstryd”, of so iets … of hy’t seker ’n „apostolie” geword, het van hulle dalk gesê. My eenvoudige verweer was: Ek wil net gehoorsaam wees aan ’n Hoër Stem as my eie, ter wille van mense wat die Here nodig het, en dit was vir my getel het. En so was dit ook. ‘n Beroep en ‘n roeping is noue verwante entiteite, wat tog ook inherent van mekaar verskil.
Lg. is ’n diep hartsdrang met ongelooflike inherente krag. Ek had duidelik ‘n roeping tot die bediening en wat dit sinvoller sou maak was die feit dat ek uit ’n posisie kon getuig en preek van persoonlike belewing van wat die Here vir my en in my gedoen het.
Om ’n reis na die VSA te verbeur, student te word op 36 met ’n vrou en twee kinders en ’n vyfjaardiplomakursus saam met ’n graad in teologie [B.Th.] te voltooi, was nogal ’n redelike suurtoets vir of jy regtig ’n roeping tot predikant het . En natuurlik ook vir jou gehoorsaamheid.
Links: Jasper Schellingerhout, saam met sy vrou Christel, toe hy in 2011 as predikant in Oudtshoorn geëmeriteer het. Die oud-Vaderlanders (sy vrou het ook by die Vaderland gewerk) vat die pensioendae nou een-vir-een in hul huis op George.
In 1988 het ek toe predikant van die Evangelies-Gereformeerde Kerk geword en is ek op Uitenhage georden. Koerante het deur al die jare, naas die Bybel en geestelike naslaanwerke, vir my hart se „saf” iets spesiaals gebly . Taalversorging, ’n mooi bladuitleg en raak opskrifte hét altyd en laat stééds my are se ink vinniger vloei.
Ek bly eintlik steeds ook latent joernalis met ‘n soort vervulling wat ek steeds vind in skryf. Deesdae meer in die digkuns. Ek sien steeds stories raak. Swak taalgebruik – RSG sorg nogal vir ’n goeie kwota daarvan deesdae! -- gaan steeds erg teen my grein in.
Interessant genoeg het ek in my meer as 24 jaar as predikant dikwels spreekwoordelik met die koerant langs die Bybel gepreek, want aktuele prediking was vir my ’n prakties-werkbare wyse om by mense se siele uit te kom. Veral die roeringe in die Midde-Ooste rondom Israel se totstandkoming (na byna 2 500 jaar) as ’n staat en die bedreiging teen dié land, wat terloops duidelik in die Bybel voorspel is, is hierin ’n interessante voorbeeld.
Koerantmanne bygestaan
Ek het ‘n paar keer oor RSG en ander senders gepreek en was nogal verras deur oud-kollegas wat van hulle laat hoor het en waardering betuig het. ’n Joernalis wat ’n predikant word, kan seker nogal vir ‘n paar prikkelings en reaksies sorg. Terloops, ek het ook die voorreg gehad om ‘n paar koerantmanne wat geestelike krississe gehad het, by te staan en te beraad. En ek is as emeritus steeds betrokke by mense se geestelike nood.
My joernalistieke waarde is darem ook in die kerk gebruik en was ek sewe jaar lank redakteur van ons kerkgenootskap se amptelike blad . Ek het o.m. ’n boek oor die kerk gehelp saamstel en taalkundig versorg en was ’n tyd lank skakelpersoon van die kerk.
In my tyd as predikant het ek vele moeilike dinge beleef. Die mooi was vir seker ook daar. Ek het met baie mense se „gekromde uitroeptekens” te make gekry. Dis nou wanneer uitroeptekens ’n kink kry en ‘n vraagteken word. Mense se lewens raak al komplekser en die wêreld ’n „harder” plek om jou „staning” in te vind vir talle mense.
"Amen wou nie kom nie"
Veronica het talle frakture lê in die hospitaal. Ek was nooit eksklusief in my bediening nie en het enigeen wat in nood was bedien. Die Maandag op pad gholfbaan toe besoek ek haar eers gou. Sy is letterlik en figuurlik stukkend en het gebed nodig. Die penne van die Hoffman-aparaat in en deur haar bene was een te veel vir my.
Links: Veronica Fourie gekoppel aan die Hoffman-apparaat. Dít het Jasper laat omkap.
Ek bid terwyl ’n vreemde lighoofdigheid my beetpak en kom nie by „Amen” uit nie – of dalk het ek [?]. En daar slaan ek neer. Uit vir ver meer as tien … Voortand uit. Gat in die voorkop. En ’n gillende Veronica onder wie se bed ek beland wat die personeel laat naderskarrel. Hulle dag die predikant het ’n koronêr. Wat ‘n lekker storie! Dominees maak mos enige storie altyd lekkerder – nes Spur se spesiale sampioensous op ‘n steak.
Onmiddellik is enige goeie sub se kop vir so ’n storie ’n gawe leeslekkerny:
- Ds. troos sieke … en moet self getroos word! of
- Waardige ds. beland onder vrou se bed of
- SAUK-vrou gil toe ds. onder haar bed beland!
Geterg in die Sinodesaal