Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.5.12

Bravo, Maestro!

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek onthou in Die Transvaler se sub-kantoor een nag was daar ’n storie oor die film Zulu Dawn wat destyds in Natal geskiet is. Daar was as ekstras omtrent ’n halfmiljoen Zoeloes en amper net soveel beeste aangestel om in die fliek te speel.
Die vervaardigers het op ’n kol bietjie van ‘n kontantvloei-knyp beleef en kon hulle ekstras nie hul weeklikse loon betaal nie. Die "te nagekome" ekstras het toe besluit as hulle nie geld kry nie, slag hulle sommer ’n paar van die beeste vir kos. Vandaar die storie.

Ek sal nie my kop op ‘n blok sit nie, maar en dink dit was Mike van Niekerk wat die kop van die storie geskryf het. "Sulke Zulu-Dawners".

Skitterend!