SAREL STEYN, sportmedewerker van Die Transvaler in die jare vyftig, vertel van die dae toe beroepstoei ’n groot aanhang onder Afrikaners gehad het.
Beroepstoei was toentertyd anders as vandag se rofstoei en daar was ware Suid- Afrikaanse kampioene wat ’n groot aanhang gehad het.
Die helde ná Johannes van der Walt was onder andere Willie Liebenberg en Manie Maritz (foto regs onder uit Bloed en Sweet). Willie Liebenberg het die volstruisskop wat Johannes van der Walt ontwikkel het, volmaak toegepas en meer as een plaaslike en buitelandse stoeier daarmee disnis geskop.
Manie Maritz was baie gewild en het een aand teen ’n stoeier uit Engeland met die naam Man Mountain (foto onder: Wikipedia) in die ou Wemblystadion gestoei. Die buitelander was baie geniepsig en het aanhoudend vuil gespeel.
Die skare, veral die vroueaanhangers het geweldig ontstoke geraak. Die mans is aangespoor en het klein kartonnetjies roomys gekoop om Mountain in die kryt daarmee te gooi. Boonop het die Brit gewen en toe Manie ná die geveg uit die kryt klim en kleedkamers toe beweeg, sak die toeskouers op die kryt toe met ’n verdwaasde Man Mountain daarin.
Hy hou egter aan om sy regterbo-arm met sy linkerhand vas te hou en ruk sy regter voorarm op en af met sy vuis gebal wat die toeskouers meer en meer opgesweep het. Toe was dit asof hy sy skouers optrek, ’n ongeërgde glimlaggie gee en spring deur die toue.
Op die grond, druk hy die mense uitmekaar en stap aan kleedkamers toe. Die manne rondom die kryt was soos brakke al keffend agter hom aan, maar niemand het dit gewaag om aan hom te raak nie. Die paadjie na die kleedkamers het tussen geparkeede motors deur gegaan en ek, wat oor die geveg verslag moes doen, is agterna om te sien hoe die drama verder sou ontvou.
Ek weet nie wat gebeur het nie, maar ek het afgelei dat een ou vir Mountain op een of ander wyse aangeraak het waarvan hy nie gehou het nie. Die volgende oomblik sien ek net die man trek deur die lug en beland bo op die enjinkap van ’n motor. Hierna kon Mountain rustig, alleen en onverhinderd, verder na die kleedkamers stap.
Wyle oom Jan Beukes, eertydse sportredakteur van Die Vaderland, het vertel dat die manne destyds mekaar sommer gereeld uit die kryt uitgesmyt het – en dat die uitgesmyte alte dikwels op die perstafel langs die kryt beland het. Tot hulle een aand oom Jan se bril gebreek het.
Met die volgende toernooi vat hy ’n klompie kopiepenne saam, en pak dit in ’n kordon om sy skryfplek. En maak seker die stoeiers neem daarvan kennis. „Hulle het voortaan al om die perstafel geval, maar nooit weer daarop nie,” het hy met genoegdoening verhaal.
BY ’n ander geleentheid het ek op ’n Vrydagaand oor ’n atletiekbyeenkoms verslag gedoen. Per abuis laat ek die naam van een van die jong mense wat goed presteer het uit, met die gevolg dat die naam nie Saterdagoggend in Die Transvaler verskyn nie.
Die Vaderland se manne het dit goedgedink om nie ’n verslaggewer na die byeenkoms te stuur nie en gebruik toe sommer my verslag as basis vir hulle verslag en laat die Saterdagmiddag ook die naam uit.
Dagbreek en Sondagnuus reken toe hulle sal maar net die uitslae kortliks die Sondagoggend plaas en gebruik toe Die Vaderland se uitslae. Daardie Maandagoggend moes ek bontstaan, want die ma van die kind wat presteer het, was glad nie tevrede daarmee dat Die Transvaler en sowaar die ander twee koerante ook, dit teen haar kind het nie.
Ek weet nie wat met die ander manne gebeur het nie, maar die snaaksheid van die omstandighede het in my geval daarvoor vergoed.
Só kan ek aanhou, want dit was aangename dae daardie waaraan mens maar net met groot nostalgie kan terugdink. Die risiko is egter daar dat dit vervelig kan raak as ek verder aanhou en daarom lig ek nou my hoed vir dit wat verby is en buig die hoof vir die pad wat voorlê.
Beroepstoei was toentertyd anders as vandag se rofstoei en daar was ware Suid- Afrikaanse kampioene wat ’n groot aanhang gehad het.
Die helde ná Johannes van der Walt was onder andere Willie Liebenberg en Manie Maritz (foto regs onder uit Bloed en Sweet). Willie Liebenberg het die volstruisskop wat Johannes van der Walt ontwikkel het, volmaak toegepas en meer as een plaaslike en buitelandse stoeier daarmee disnis geskop.
Manie Maritz was baie gewild en het een aand teen ’n stoeier uit Engeland met die naam Man Mountain (foto onder: Wikipedia) in die ou Wemblystadion gestoei. Die buitelander was baie geniepsig en het aanhoudend vuil gespeel.
Die skare, veral die vroueaanhangers het geweldig ontstoke geraak. Die mans is aangespoor en het klein kartonnetjies roomys gekoop om Mountain in die kryt daarmee te gooi. Boonop het die Brit gewen en toe Manie ná die geveg uit die kryt klim en kleedkamers toe beweeg, sak die toeskouers op die kryt toe met ’n verdwaasde Man Mountain daarin.
Hy hou egter aan om sy regterbo-arm met sy linkerhand vas te hou en ruk sy regter voorarm op en af met sy vuis gebal wat die toeskouers meer en meer opgesweep het. Toe was dit asof hy sy skouers optrek, ’n ongeërgde glimlaggie gee en spring deur die toue.
Ek weet nie wat gebeur het nie, maar ek het afgelei dat een ou vir Mountain op een of ander wyse aangeraak het waarvan hy nie gehou het nie. Die volgende oomblik sien ek net die man trek deur die lug en beland bo op die enjinkap van ’n motor. Hierna kon Mountain rustig, alleen en onverhinderd, verder na die kleedkamers stap.
Wyle oom Jan Beukes, eertydse sportredakteur van Die Vaderland, het vertel dat die manne destyds mekaar sommer gereeld uit die kryt uitgesmyt het – en dat die uitgesmyte alte dikwels op die perstafel langs die kryt beland het. Tot hulle een aand oom Jan se bril gebreek het.
Met die volgende toernooi vat hy ’n klompie kopiepenne saam, en pak dit in ’n kordon om sy skryfplek. En maak seker die stoeiers neem daarvan kennis. „Hulle het voortaan al om die perstafel geval, maar nooit weer daarop nie,” het hy met genoegdoening verhaal.
Sarel Steyn vertel ook 'n ander storie.