Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

24.5.12

As Die Transvaler die slag "Portugees" praat

IN die jare sewentig, toe Mosambiek onafhanklik geword het, het die Portugese op groot skaal daar uit gevlug. Dit het Perskor die geleentheid gebied om ’n klompie setters teen lae lone in die hande te kry.

Ongelukkig, kon dié mense skaars Engels praat, en het van Afrikaans nie ’n snars verstaan nie. Dit het nogal vir ’n paar glimlagge (maar baie meer onrustigheid) gesorg.

In een geval het ’n sub ’n fout op ’n bladproef raakgesien en omdat die kopie op daardie stadium nog in die settery of by die proeflesers was die volgende opmerking op die bladsy geskryf: „Hier ontbreek iets. Verwys na kopie.”

Dis regstreeks aan ‘n Portugese setter besorg – en dis toe presies wat hy daar invoeg.

’n Ander geval het verband gehou met Piet Snuffelaar se rubriek op die hoofartikelbladsy.

Toe die bladproef by in die subtafel aanland, het Piet Snuffelaar se naam onder aan die rubriek ontbreek.

Wyle Vernon Marais het dit bygeskryf, maar sy „t” se strepie ‘n bietjie ver weg getrek. Toe sien die setter dit vir ’n „l” aan.