Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

5.3.14

Dokter sê hy glo ná meting van arm

Die derde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Van Los Angeles af is ek na Columbus, Ohio waar Dan Bosman ‘n paar dienste sou hou. Hy het ook op baie radio- en TV-stasies in die VSA opgetree. Dit was duidelik dat sy bekendheid as

4.3.14

Ope Vraag (deel 2): Nog twee oud-kollegas verklap hul groot verleenthede

Kort rokkie en hoë hakke laat my struikel

RIA RABIE skryf: My groot verleentheid het my teruggeneem na 'n bloedrooi bloosgeleentheid wat ek as rou verslaggewer van Die Vaderland se sportredaksie ervaar het.

Ek was pas in die sportkantoor losgelaat waar Leendert Pieterse, Gerhard Burger, André Bester, Tobie Mostert en 'n paar ander bekende name hulself laat geld het.

3.3.14

Fotodag 21: ʼn Fees wat nie end wou kry

GERHARD KLEIJN skryf: Onthou julle vir Gerhard van der Merwe? Einste hy wat destyds die salarisleer van Die Transvaler af Vleissentraal toe geklim het en toe nogal aktief betrokke geraak het by die Landbouskrywersvereniging? Nou, uit die bloute uit stuur Gerhard se dogter, Marlou, onderstaande kiekie aan.

Ou Gerhard was nogal kranig met kitaar in die hand en het ‘n heel

28.2.14

Oggendkoffie by Central Cafe

MARISSA GREEFF skryf: André le Roux was my voorganger in die Perskorburokantoor in Windhoek en ek het hom in 1979, ná nege maande van snot-en-tranestories by Rapport, as buroverteenwoordiger daar opgevolg.

Ek het op ‘n Saterdagaand (die laaste Saterdag van Maart) by Rapport klaargemaak en was Maandag in die vliegtuig op pad Windhoek toe, my

27.2.14

Dié slag hét die Peugeot gebrand!

RIKA VAN GRAAN skryf: Toe ek Philip Deetlefs se storie oor die stukkende Peugeot lees, het my gedagtes teruggegaan na die dag toe ek en Jacques Bosch ‘n storie op Schweizer-Reneke moes gaan doen en die kar se enjin aan die brand geslaan het.

Laat ons by die begin begin. Ek was die naweek by my ouers op die plaas toe ‘n ou skoolvriendin se drie kleuters die Sondagoggend op Wolmaransstad in hul kamer versmoor het.

26.2.14

Groot persname en goeie tye onthou

ARINA BOHLER skryf: Ek stuur die laptop muis af op die lys van "vergeet nie"-name en sien met skok hoeveel gewese medejoernaliste nie meer met ons is nie! Vir my het die tyd gaan stilstaan en die jare tussenin is van geen betekenis nie …

Ek onthou 'n paar groot persname:

25.2.14

‘Ek beleef ‘n wondergenesing’

Die tweede aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: In die vorige artikel oor ongewone genesings (lees hier), het ek geskryf hoe dit gebeur het dat ek vir Die Transvaler ‘n reeks oor die onderwerp aangepak het.

The little girl that God sent

GERHARD BURGER het meegaande stukkie wat hy vir sy vrou, Sandra, se gedenkdiens geskryf het, vir publikasie aan K’rant beskikbaar gestel:

And so, on the umpteenth day, God created a special little girl and sent her down to earth to spread love and happiness all over.

She arrived in the spring of 1946, in October – die mooiste, mooiste maand –

24.2.14

ʼn Ope vraag

NUWE BESEMS vee skoon, lui die spreekwoord, en dit lyk of Philip Deetlefs, K’rant se nuwe mederedakteur, sommer heelwat sal kan bydra om K’rant se leesbaarheid te verhoog.

‘n Puik voorstel van hom is dat K’rant in die toekoms van tyd tot tyd ‘n vraag vra om daardie verroeste geheues bietjie los te help skud en wat interessante antwoorde van julle almal behoort op te lewer. Die antwoorde kan so lank of

21.2.14

Jan was professor in Amerika

JAKKIE GROENEWALD skryf: Piet Ebersöhn vra wat van Jan Brits, voormalige nuusredakteur van Die Transvaler, geword het. Ek het hom jare gelede leer ken (laat 1970’s toe hy by Mining News gewerk het). Daarna het hy baie rondgeskuif.

Eendag, sowat 15 jaar gelede, toe ek aan die Johannesburgse Stadskouburg verbonde was, het ek hom weer raakgeloop en toe was hy ’n “professor” in die joernalistiek aan die een of ander Amerikaanse universiteit.

‘Hier’s ek, Piet’

MARISSA (VAN NIEKERK) GREEFF skryf: En daar wonder ek ook al jare lank wat van Piet Roodt geword het. Piet was politieke korrespondent by Hoofstad toe ek politieke verslaggewer was. Hy het uit die Parlement gerapporteer en ek uit die Provinsiale Raad in die laat jare sewentig.

20.2.14

Fanie was altyd aan die werk

PEET SIMONIS skryf: Ons vriend en kollega Fanie van Niekerk (78), se graf in die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, is links buite sig op die foto hieronder. Daar is hy Vrydag deur familie en vriende ter ruste gelê.

Sy graf is net oorkant graf nommer 15 613 in die blok gereserveer vir mense van die Gereformeerde en Pinksterkerkfamilies. Langs hom is ‘n

19.2.14

Maar die verkeersman verseg om te skryf

PIET ROODT skryf: Ek lees Piet Ebersöhn se storie oor Oggendblad se vrot karre. Die Transvaler se vloot was ook maar vodde. Ek en Jannie Herbst is eendag Ermelo toe gestuur vir ʼn storie en ons ry in daglig. Met die terugkom die aand, werk net die Volkswagen se parkeerligte. Ons is woedend oor die toestand van die motor, maar kan nie anders nie as om aan te sukkel in die halfdonkerte.

18.2.14

As ʼn storie nie ʼn storie is nie

PIET EBERSöHN skryf: Ek het al vertel van die keer toe ek, Frans Scheepers en nog ‘n vriend, met ‘n bustoer Sabie toe is vir ‘n goudstormloop en toe sommer tot ons verdriet ‘n vakansie-erf gekoop het.

Saam op die bus was Jan Brits, ‘n nuusredakteur van Die Transvaler in die jare her. Weet iemand dalk wat van hom geword het?

17.2.14

Fotodag 20: Bekende rugkante

Junie 1970
Twee van die bekendste rugkante in die land! Links stap die groot haan van die  Afrikaanse Pers Beperk en regs die klein kapokhaantjie van die wêreld se gholfbane.

Natuurlik mnr. Marius Jooste en Gary Player. Gary was dié dag, gedurende 'n toernooi op Randpark, so reg op sy stukke, maar -- glo dit as jy wil - die APB se speler het met die toernooi weggestap. Prys? Twee gholfballe. (Berig en

16.2.14

Sandra Burger: die reëlings

GERHARD BURGER het die volgende reëlings bekend gemaak ná die afsterwe van sy vrou, Sandra.

Private verassing: Maandag of Dinsdag.
(Gerhard, die dogters en die predikant sal daar wees.)

Gedenkdiens: Woensdag, 14:00 in die Centenary Methodist Church, Edwardstraat, Richmond Hill, Port Elizabeth.

14.2.14

† Sandra Burger oorlede

Gerhard en Sandra Burger.  
(Foto: 'n Ruk terug geneem deur Herman le Roux.)
GERHARD BURGER, gewese redakteur van Transvaler, se vrou, Sandra, is vanoggend ná ‘n lang siekbed aan kanker oorlede.

Hulle woon die afgelope klompie jare in Port Elizabeth. Sandra was 67 jaar oud. Sy en Gerhard was 45 jaar getroud.

Die egpaar het twee dogters, Louise Burger, wat in Johannesburg woon en Adele Londt in Australië, wat twee kinders, Jarred en Amber, het.

Die begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.


Pas getroud en platsak maak hulle houtwerkers

FRANS DU TOIT, voormalige assistent-redakteur van Die Vaderland en Raymond Cragg, voormalige administratiewe groepshooffotograaf van Perskor, se belangstelling het nie by die joernalistiek en kameras opgehou nie.  Hulle kon ook met saagmasjiene en beitels werk.

Frans vertel: “My houtwerkgier het hier in 1956 begin. Ek was pas getroud, brandarm (R80 per maand as junior verslaggewer by Die Transvaler) en feitlik meubelloos. Ons het 'n enkel-woonstel gehad en selfs daarin was net die noodsaaklike -- 'n bed-rusbank, twee leunstoele, kombuistafel en vier stoele.”

13.2.14

Kanniedood fnuik eliminering

PHILIP DEETLEFS skryf: Dit was nie net Perskor se motorpoel in Pretoria wat vir alle praktiese doeleindes niks meer as 'n skrootwerf was nie. In Aucklandpark en Doornfontein het dit ewe vrot gegaan.

As ek reg onthou, was daar net een motor waarop mens vir die langer paaie op kon staatmaak en dit was Gabriel Maphalala se motor omdat hy die eksklusiewe gebruik van die motor gehad het. Gabriel was ook

12.2.14

† Fanie van Niekerk oorlede

Fanie van Niekerk
PEET SIMONIS skryf: 'n Jare lange staatmaker van die Afrikaanse Pers Beperk (APB) en Perskor, is Maandagaand oorlede na 'n siekbed van etlike maande. Hy was 78 jaar oud en het kanker gehad.
 
Almal by die pers het hom geken as vriendelik, hulpvaardig en bekwaam.

Uit die perd se bek

PIET ROODT skryf: As 'n mens se gedagtes eers koersvat koerantdae toe sukkel jy om by te hou.

Ek dink skielik aan Marissa van Niekerk, wyle oom Sybrand van Niekerk se dogter, wat ook op ‘n kol by Perskor gewerk het. Wat sou van haar geword het? Ek weet sy was met iemand getroud wat in die ou SA Weermag was en hulle het blykbaar lank in Namibië gewoon.

11.2.14

K’rant kry nuwe mederedakteur

CHARL THOM (links) het vanweë ‘n verandering in sy omstandighede as mederedakteur van K’rant bedank. PHILIP DEETLEFS (regs) het ingestem om die vakature te vul.

K’rant se redaksie bedank Charl vir die bekwame wyse waarop hy sy plek volgestaan het en hoop dat hy

10.2.14

Nog Ivanoffs te koop

HANS LOMBARD skryf: Na aanleiding van die brief van Werner van Dyk van Meyerton oor die spotprente wat hy van Victor Ivanhoff aangekoop het, net die volgende: ek het agt oorspronklike tekeninge van Victor gedateer 1955 wat almal gaan oor die Britse Leeus se rugbytoer hier in Suid-Afrika en die Springbokkriekettoer dieselfde jaar deur Engeland. Hy het die bondel persoonlik in 1956 aan my gegee. Is daar iemand wat my ‘n aanbod kan maak? Ek sien Werner van Dyk sê die minimum waarde is tussen R1 500 R2 000 per skets. My telefoonnommers is 011/958-0046/0828 of 083/360-1856.

7.2.14

As jy met ʼn tornado trou, waardeer jy die windstiltes

Na aanleiding van ANKE VAN NIEKERK, weduwee van daardie kleurvolle Perskorman Evert wat in die lewe motor-redakteur van Die Vaderland was se skrywe in K’rant, het WILLIE BUYS haar gevra om ‘n bietjie uit te brei oor hierdie wyd bekende man in die destydse motorkringe.

Dit het maar aanvanklik ‘n bietjie gesukkel, vandaar die feit dié berig

6.2.14

Reünie is vanjaar op 30 Maart

PIET EBERSöHN skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag, 30 Maart 2014 by die restaurant Cattle Baron, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas, waar ons verlede jaar vergader het.

Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam.

5.2.14

Ivanoff-spotprente dalk heelwat werd

WERNER VAN DYK van Meyerton, Gauteng skryf: Ek het per toeval op julle blad afgekom en die storie van Victor Ivanoff (links) se spotprente gelees en glo dit of nie, maar ek het so 'n week gelede vyf van daai oorspronklike tekeninge gekoop.

Ek is nogal erg oor Africana en koop en verkoop gereeld items van dié aard en ander oudhede. 'n Vriend het onlangs by my aangekom met 'n klompie baie mooi Africana, onder meer spotprente van Victor. 

4.2.14

Ouderdom ʼn kwessie in Perskordireksie

DR PIETER MULDER, leier van die Vryheidsfront Plus, kommunikasiekundige en seun van die gewese minister en Perskordirekteur dr Connie Mulder, skryf: Ek is ’n gereelde K’rantleser wat die stories baie geniet. Dankie aan die redaksie vir hul inisiatief.

Hoekom geniet ek K’rant?

3.2.14

Fotodag 19: Die H in Boer

AGTER die foto hieronder skuil frustrasie en drama. Dit is in die middernagtelike ure op 'n oggend verlede maand (September 1972) geneem nadat vasgestel is dat 'n boer van Rustenburg as 'n vrou van bedenklike sedes aangedui is.

Die fout het voorgekom in 'n bylae van Die Transvaler en is eers ontdek
nadat 40 000 eksemplare gereed gelê en wag het om by Die Transvaler ingevoeg te word.

Om die bylae oor te druk, was buite die kwessie.  Al genade was om die letter "H" in die woord "boer" met 'n swart pen dood te krap.

29.1.14

Oggendblad kry nuwe motors

PIET EBERSöHN skryf dat ‘n gewese senior Oggendbladter, wat anoniem wil bly, die volgende storie vertel: Van die motors in Oggendblad se motorpoel was in ‘n uiters swak toestand. Die bande was glad, die masjiene swak onderhou en dit was niks vreemd dat die motors langs die pad gaan staan het met van die verslaggewers nie. Hulle het letterlik vir hul lewens gevrees as hulle met een van die motors op die pad was.

28.1.14

Geloofsgenesing stu DT-sirkulasie

PEET SIMONIS skryf: As dit gelyk het of die stories opdroog by die koerant, het ons dit “komkommer-tyd” genoem. Dit was die tyd dat die nuusredakteur handewringend op en af in die gange rondgedwaal het. Ander koerante is met n fynkam deursoek vir opvolgbare stories en elke joernalis moes uit sy “beat” die nuus gaan haal.

Sulke stil -dae sal ook vir K’rant aanbreek en daar is baie redes voor –

27.1.14

Fotodag 18: Mnr X se loopbaanverandering

DIE NATALLER het 'n ware "terroris" in sy midde! Maar gelukkig 'n "bekeerde" een. Sy naam is Bruno Mtolo (links), gewese hoof van die tegniese komitee van die African National Congress. Sy naam was gedurende die opspraakwekkende Rivonia-verhoor landwyd bekend as mnr X.

November 1971
Sy bedrywighede van destyds (só het hy as Staatsgetuie aan die hof vertel) het onder meer 'n bomontploffing by Die Nataller se kantore tot gevolg gehad.

Gelukkig het Bruno tot "bekering" gekom en vandag is hy 'n ware staatmaker as teemaker en donkerkamer-assistent. -- Perskorhaan, November 1971.

Daar is heelwat inligting oor Mtolo op die internet.  Lees destydse hofgetuienis van Mtolo HIER.

20.1.14

Fotodag 17: Hekpyne in Empireweg

TOM BUYS skryf in Hanekraai van Februarie 1971:

Hier is 'n hek.

Dit lyk soos die ingang tot 'n tronk of 'n goedbewaakte inrigting.
Hanekraai, Februarie 1971

Mense stroom soms smiddae met meer geesdrif daaruit as wat hulle binnegaan.

17.1.14

Perskor was g'n in Aucklandpark

JAPIE BOSCH skryf: Werknemers van die ou APB en Perskor het hul werkplek se adres as Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark geken. Amptelik was dit ‘n verkeerde adres.

Daar is rede om te glo dat min mense dit weet, maar die ou Perskor-gebou was ‘n voorstad met die naam Braamfontein-werf. Aucklandpark was sowat twee kilometer van daar af. Interessant genoeg word die naam op Google Maps en ander webwerwe net in Afrikaans aangedui – geen Braamfontein Yard nie.  Moenie 'n fout maak nie, Braamfontein-werf is nie 'n nuwe naam nie.  Dit bestaan al donkiejare.

16.1.14

15 Toetsfoto's uit die Baai vir vroeë Dagbreek

K'rant al 'n paar stories geplaas oor hoe joernaliste in die vorige eeu sonder vandag se tegnologie hul werk moes doen.

Hierdie storie vertel van 'n "eerste" met koerantfoto's in 1970. RAYMOND CRAGG (links), groephooffotograaf  van die APB, het 'n mobiele donkerkamer in 'n omgeboude Volkswagen-kombi beman.

15.1.14

Toe 'n minister my nie 'gefaaier' kon kry

CHARL THOM skryf: Die onlangse afsterwe van Theo Gerdener, gewese Administrateur van Natal, Kabinetsminister tydens die Vorster-era en latere stigter en leier van die Demokratiese Party, het my laat terugdink aan hoe ek gevrees het hy gaan sorg  dat ek ontslaan sou word.

Ek was redakteur van die Afrikaanse weekblad, Die Nataller, waarvan

14.1.14

Hennie se dubbele kragskok

PIET EBERSöHN skryf: Van Hennie Kotzé gepraat, laat dit my dink aan een van my eerste ervarings as verbruikersjoernalis by Die Transvaler daar in die later jare sewentig in Nieu-Doornfontein.

Ná drie jaar se kluistering in die nagkantoor is ek uiteindelik skryfkans gegee – al moes ek eers ‘n ander werksaanbod kry om die maghebbende arms sover gedraai te kry. Ek is na die sakeredaksie

13.1.14

Fotodag 16: Boet en boet?

GERHARD BURGER, voormalige sportredakteur van Die Vaderland en redakteur van Transvaler, het dié twee foto's uit sy versameling aan K'rant gestuur.

Elke Maandag is fotodag in K'rant.

Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe

10.1.14

Afvalgeleentheid skep verleentheid

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Misverstand tussen Marius Jooste en Martie Snyman, oud-redaktrise van Rooi Rose in die jare sewentig, oor skaapafval het amper tot konsternasie gelei.

Jooste het op ‘n dag Martie na sy kantoor laat kom en haar gevra om hom te help met die reëlings vir ‘n ete waartydens hy afval wou voorsit. Hy sê toe vir haar: “Vra sommer vir ‘daai Bosch’ om vir my 13 stelle afval te kry”.

9.1.14

Scoop wat toe nie was

CHARL THOM skryf: As die ander ouens so spog met hulle scoops laat dit my nogal minderwaardig voel. Myne was maar bitter min gesaai en party mense sou dit dalk nie eers as sulks erken het nie.

Maar eendag by Die Vaderland het ek gedink my groot dag het aangebreek. Dit was in die tyd van die sogenaamde Inligtingskandaal en almal het gewag vir en bespiegel oor die Kommissie van Ondersoek, die Erasmus-Kommissie na dié

8.1.14

Asseblief! Dit WAS respektawelik

LUCIA GOMES skryf: Nou toe. As julle jul klaar gebreek het -- gelag het soos julle lê -- laat ek verduidelik. (Weet natuurlik nie waaroor gaan al die lawaai nie. Lyk my julle het nog nooit 'n mens in 'n laken gesien nie!)

Julie 1970
Ewenwel. Dis Hanekraai-redakteur, Paul Kruger, wat my met die meegaandefoto in die gang byloop. "En toe," wil hy weet, "wat se lawwigheid is dit nou eintlik dié?" Sommer so. En kamma kastig is hy vreeslik geskok. "Om te dink," fluistersê hy, "dat oom Apie Greeff, Maxie Pienaar, Martie Snyman en André Verster ook so ... so kaal ... so ... " en hy's vort.

7.1.14

Moenie Chris en Nic vergeet nie

GERT BASSON skryf: Ek merk op dat K'rant nie die name van veterane Chris Vermaak en Nic Hefer, onder VERGEET NIE het nie.

Kyk, Chris Vermaak was sekerlik een van die knapste misdaadverslaggewers wat Die Vaderland nog gehad het.

Hy was die skrywer van oa Manskap Nr 7801. Dit is die verhaal van

Stem van Doer Onder

NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek het toevallig vandag K'rant op die internet raakgeloop en was aangenaam verras om name te sien uit die tyd in die vroeë jare sewentig toe ek in Kaapstad by Dagbreek en Landstem gewerk het – Herman Snyman, Tienie Fourie en Amanda Botha. Ek woon die afgelope 35 jaar in Australië.

(Nic het belowe om binnekort iets vir K’rant te skryf en ons sien uit daarna. – Red.)

Wat vang hulle aan?

Waarom sou Lucia Gomes, Joan Kruger en Joey du Randt so vriendelik glimlag en so baie been wys?  En die gewaagde lap om die lywe?  Net met een knoop om een skouer vasgemaak!

Geoordeel aan die wynglase lyk dit of Bacchus betrokke was.

Ná 43 jaar haal dié foto hulle in.  K'rant vertel more die storie.


6.1.14

Fotodag 15: Skurk Japie loop sy rieme styf

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Student, in my jong dae altans, was gereeld op soek na ‘n naweekwerk vir ‘n paar rand. As ‘n tweedejaar in 1965 het ek ‘n Saterdagwerk gekry om ‘n rol in een van die destydse gewilde fotoverhaal-boekies te speel. Ek moes ‘n skurk wees in ‘n boekie met die naam, Die Swart Adelaar: Operasie H-bom. Die prys waar dit op die straathoeke verkoop is, was 20c.

Help dat K'rant volhoubaar bly

Sedert K'rant se totstandkoming op 1 Junie 2012 (amper 20 maande terug) het ons elke weekdag 'n nuwe storie geplaas.  Om dié pas vol te hou, het ons jóú storie nodig.   Deel jou storie met oud-kollegas, hetsy jy 'n redaksielid, advertensiewerwer, lettersetter, sekretaresse of baas was.

3.1.14

Ons is Maandag terug

EERSKOMENDE MAANDAG, 6 Januarie 2014, is K'rant terug ná 'n ruskans van drie weke. Ons vertrou dat ons lesers en bydraers eweneens heerlik uitgespan en veilig terug by hul tuistes is.

Om K'rant se sukses van die afgelope 19 maande te verseker, versoek ons opnuut oud-kollegas van enige afdeling by enige publikasie van die voormalige Perskor om sy/haar ervarings met ander oud-kollegas te deel.  Stuur 'n epos na enige redaksielid.  Hul adresse is in die kolom regs.  En moenie vergeet nie:  elke Maandag is fotodag.