PHILIP DEETLEFS skryf: Dit was nie net Perskor se motorpoel in Pretoria wat vir alle praktiese doeleindes niks meer as 'n skrootwerf was nie. In Aucklandpark en Doornfontein het dit ewe vrot gegaan.As ek reg onthou, was daar net een motor waarop mens vir die langer paaie op kon staatmaak en dit was Gabriel Maphalala se motor omdat hy die eksklusiewe gebruik van die motor gehad het. Gabriel was ook
nie die klas bestuurder wat ooit deur dringendheid/spertye aangevuur was nie en sy motor het eintlik 'n luilekker lewe gelei.
![]() |
| Peugeot 404 |
Die spesifieke Peugeot 404 wat ek een oggend moes gebruik was regtig nie padwaardig nie, sy uitlaat het soos 'n groot Oshkosh 'n kolom swart rook uitgespoeg wat dalk van die buitense ruim af sigbaar kon wees en die vere in die sitplek het jou boude seergemaak omdat hulle uitgesteek het.
![]() |
| Gabriel Maphalala |
![]() |
| M1-snelweg, Johannesburg |
Uiteinde van die saak? Die Peugeot het nog baie lank in die poel van wrakke rondgedryf om ons te frustreer.
(Indien Peugeot se mense hierdie berig lees, moet hulle weet ek sal bereid wees om my nuwe Peugeot vir hierdie reklamewerk by hulle te kom haal as die afleweringskostes Windhoek toe ʼn probleem is).


