Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.2.14

Sandra Burger: die reëlings

GERHARD BURGER het die volgende reëlings bekend gemaak ná die afsterwe van sy vrou, Sandra.

Private verassing: Maandag of Dinsdag.
(Gerhard, die dogters en die predikant sal daar wees.)

Gedenkdiens: Woensdag, 14:00 in die Centenary Methodist Church, Edwardstraat, Richmond Hill, Port Elizabeth.

Predikant: Pulané Alcock (Afrikaanse plaaskind wat in albei tale preek).

Louise (dogter) se vriend, Adrian, sal huldeblyke voorlees.

Koffie, tee en koekies/broodjies ná die diens.

Geen blomme nie, asseblief. Donasies aan St Francis Hospice sal op prys gestel word. Die suster wat na Sandra omgesien het en by was toe sy gesterf het, Jill le Roux, sal DV by die diens wees.

Dit gaan waarskynlik 'n korterige, informele diens wees en ons verwag nie mense moet van ver af ry nie.

Adele en Louise (dogters) gaan Donderdag terug na hul huise toe.

Dankie vir al die boodskappe en ondersteuning tot dusver.