Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.2.14

K’rant kry nuwe mederedakteur

CHARL THOM (links) het vanweë ‘n verandering in sy omstandighede as mederedakteur van K’rant bedank. PHILIP DEETLEFS (regs) het ingestem om die vakature te vul.

K’rant se redaksie bedank Charl vir die bekwame wyse waarop hy sy plek volgestaan het en hoop dat hy
vorentoe weer by die span kan aansluit.

Ons verwelkom ook vir Philip en sien uit na die vars briesie wat hy in die “redaksiekantore” kan laat waai.

Philip Deetlefs is in Februarie 1973 in die algemene redaksie van Die Transvaler aangestel. Later het hy misdaadverslaggewing gedoen en hy is in 1974 vir Perskorburo Londen toe.

Drie jaar later toe sy termyn verstryk, het hy bedank en eers vir ses maande op 'n Kibbutz in die heel noorde van Israel op die grens van Libanon in die appelboorde gewerk.

Nic Kruger
Daarna het hy en 'n vriend van Pretoria 'n jaar lank deur Europa geduimry tot in Luxemburg waar hulle die vliegtuig gehaal het terug Johannesburg toe. In Johannesburg het hy eers by Die Transvaler se nagkantoor en later by Sake-Beeld onder David Meades gewerk voor hy die Kempton Express op Kemptonpark vir Caxton begin het.

Van Caxton af is hy in 1980 na Windhoek saam met Rynier Abrahamse (oud-Vaderlander) waar hy saam met Nic Kruger (oud-Vaderlander) by Die Republikein onder die redakteurskap van wyle dok Jan Spies gewerk het. Van sy kollegas destyds daar was onder andere Des Erasmus en wyle Douglas Jones.

Wilma Rudman
Toe sy bas weer begin jeuk het, het hy die tydskrif Veeboerdery vir Nampo begin en op Bothaville het hy besef Suidwes is die beste plekkie op die aardbol en hulle moet terug.

Terug in Windhoek het hy by Ou Mutual begin versekering verkoop en is steeds daar in dieselfde bedryf as onafhanklike makelaar.

Hy is met Wilma Rudman getroud en het 'n seun wat op Stellenbosch sy pot daar deeglik krap en saam met Marilize die ouers is van die "oulikste mannetjie op die planeet aarde".