Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.2.14

‘Hier’s ek, Piet’

MARISSA (VAN NIEKERK) GREEFF skryf: En daar wonder ek ook al jare lank wat van Piet Roodt geword het. Piet was politieke korrespondent by Hoofstad toe ek politieke verslaggewer was. Hy het uit die Parlement gerapporteer en ek uit die Provinsiale Raad in die laat jare sewentig.

Ek is in 1979, ná ‘n paar maande by Rapport, Windhoek toe as buroverteenwoordiger (dankie, André le Roux). Ek en my gesin (vier kinders) het einde 1988 teruggekom uit Namibië, en ek werk nou by die Universiteit van Pretoria as publikasiepraktisyn in die Departement Universiteitsbetrekkinge.

Lekker om hierdie spoor op te tel.