Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.7.13

Wel te ruste, Andries

JOE VAN BUUREN skryf: Die gedenkdiens vir Andries Botha is Vrydag 12:00 by die NG Kerk Vergesig in Brixton gehou.

Buiten die groot getal gesins- en familielede, was daar ook ‘n stewige afvaardiging van Andries se eertydse kollegas teenwoordig. Onder hulle was Hermie Hendriks, Koos Botha, Sieg van Niekerk, André Scheepers, Piet Ebersöhn, Frik van der Walt en ek.

Die teenwoordiges het Gesang 177 (Ek sien ‘n nuwe hemel kom, ‘n aarde nuut en vry) en een van Andries se gunsteling gewyde liedjies, “Amazing Grace”, gesing.

Ná afloop van die verrigtinge het “What a Wonderful World” opgeklink.

Een van Andries se dogters, Lani, het ‘n roerende huldeblyk gelewer.

Verversings is daarna in die kerksaal en by Lani se huis in Emmentia voorgesit. Weens werkverpligtinge kon nóg ek nóg Frik die latere samesyn meemaak.

Wel te ruste, Andries.