Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

9.7.13

‘Ek kan Wollie sien wuif’

ANDRIES BOTHA skryf oor Herman le Roux se artikel oor wyle Gert (Wollie) Wolmarans (lees hier): Wat ‘n pragtige storie! Ek kan Wollie al daar van die vliegtuig af vir die skare sien wuif. In die laat jare sestig was hy by DT as ‘n skakelman wat top-staatsamptenare moes bearbei vir DT. Hy het onder meer deur sy skakeling met Lang Hendrik van den Bergh gesorg dat Abel Jones die wêreldscoopfoto gekry het toe Bram Fischer in Corlettrylaan, nie ver van die Wanderersklub af nie, waar hy
met ‘n baard as Mr Black geskuil het, deur die polisie in hegtenis geneem is.

Gert Wolmarans
Wollie was ‘n man met goeie smaak. Sy voorkoms en kleredrag was altyd onberispelik. Hy was ruimhartig en gevat. Uitgeknip vir ‘n diplomatieke rol. Hy’t eers in ‘n woonstel naby die Wanderersklub gewoon en later in Cresta waar ek hom ook dikwels besoek het. Sy vrou, Sue, was ook ‘n pragtige en fyn mens wat altyd smaakvol geklee was.

In Louis Luyt se outobiografie, Walking Proud, het Wollie se naam verskeie kere opgeduik, onder meer vir sy rol om Luyt oor te haal om die baas van The Citizen te word, wat eintlik met staatsgeld gefinansier is. Hy was dus ‘n meester-tussenganger. Ek self het saam met hom in Louis Luyt se weelderige kantoor naby die Aucklandparkse Holiday Inn kreef – en baie goeie rooiwyn – vir middagete(s) geniet onderwyl ek by die KWV skakelbestuurder was.

Die Ferreira van die skakelmaatskappy wat Wolmarans, Deans en Ferreira geheet het, was natuurlik Bert Ferreira, die fynbeskaafde en hooggerekende finansiële joernalis, wat ongelukkig ook nie meer daar is nie.

In sy Triomf-tog (grappie!) het Wollie ook lank as beskermheer/finansier van die destydse Plaaslike Persunie (toe nog maar met net sowat 55 koerante) opgetree. Tot in 1983 toe die KWV die rol oorgeneem het met aansienlike pryse vir ondernemende joernalistiek. Die PPU het natuurlik later die Forum van Gemeenskapsjoernaliste geword en het vandag goed oor die 350 lede