Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.7.13

Ander media het beter betaal

SIPKE DE VRIES skryf: Ja, ek lees ook daardie stukkie van oorlede Frans.

Ek moet sê dat die salaris daar aangedui bra power was en na my mening nie kon vergelyk word met Johannesburgse mediasalarisse oor die algemeen nie.

Ek was daardie tyd 'n hoofsub by die SAUK en het meer as dubbel dié salaris verdien. Ook het, wat destyds beskou is as die 'verdomde Ingelse pers', heelwat meer betaal. Die Star was die swakste betalende van die Engelstalige Johannesburgse koerante, maar steeds beter as Die Tranvaler en DieVaderland.

Daar was natuurlik ook nog 'n ander rede vir Frans se versugting en dit was die 'bestuursmetodiek', as 'n mens dit so kan noem, van die Perskorbase.

Dit verbaas my nou dat ek R500 per maand uit hulle kon 'squeeze' daar in 1974/75 as spesialislughaweverslaggewer, en dit by die gawe Frans. Seker as gevolg van die genoemde personeeltekort.

Ek stem saam met Philip dat geld nie alles is nie, maar dit help wel hoor!

Gelukkig kon ek Perskor betyds ontvlug.