Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.7.13

'n "Hippie" maak Jooste stil

PIET ROOS skryf: Wat 'n merkwaardige man was Marius Jooste! Hy het 'n "presence" gehad. As hy by 'n vertrek instap het hy oorgeneem.Eenkeer het ek hom sprakeloos gesien.

In die ou Aucklandparkse gebou het hy een middag in die gang by ons kantore op die vierde vloer rondgestap. In die deur van 'n kantoor het hy gaan staan.

Kieta van den Berg, skrywer Kas van den Berg se dogter, het ook in daardie kantoor gesit. Kieta was nogal 'n hippie. Sy was klein maar het hippie klere en lang los hare gehad.

Terwyl meneer Marius so in die deur staan, en hy was nogal gewigtig en het die deur volgestaan, skuur Kieta styf teenaan hom in. Sy stoot hom so half uit die pad.

Daardie dag was Marius sprakeloos.

Hy het nie geweet wat om te doen nie.

Kieta het hom uit die pad gestoot ingestap, omgedraai en gesê :"Hello"

Marius het so gestaan en uitgestap...