Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.11.13

Stuur 'n storie aan 'n vriend met dié koevertjie


LITA KOTZÉ skryf vroeër dié week: Dankie vir K’rant wat elke oggend om 5:03 op my rekenaar afgelewer word -- ‘n paar oomblikke se lekker loop op vergange se paaie.

Nou wil ek net weet: ek het nou al my drie geleenthede ‘n sekere K’rant vir vriende aangestuur om die spesiefieke bydrae van die dag te lees. Het sopas die “Ouma Pulane”-storie weer aangestuur. Maar nou wonder ek as non-digitale-verstaner skielik: sal hulle op die kop kan kliek en sal dit oopmaak? Of moet hulle eers op K’rant ingeteken wees?
My oë is nog bietjie mistig van die storie, so sukkel steeds om die letters op die sleutelbord mooi raak te sien.


(Teen die agtergrond van Lita se vrae sal daar voortaan links onder elke storie in K'rant 'n klein koevertjie met 'n pyltjie daarop verskyn. Klik daarop, voltooi die vorm en stuur sodoende 'n epos met die skakel van die betrokke storie aan iemand. -- Red.)