Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.11.13

Fotodag 10: Jakkie ontmoet Mohammad Ali

JAKKIE GROENEWALD skryf: Ek sien die manne vra foto’s van my in Binnelanders. Daarvan het ek ongelukkig nie.

Ek skiet tans aan Pandjieswinkel van PG du Plessis en sal foto’s neem.

Hier is intussen een van my saam met Mohammad Ali toe hy SA in die jare negentig besoek het. Ek was in daardie stadium hoofbestuurder
van die Johannesburgse Stadskouburg en die bokser het na ’n vertoning van Bongeni Ngema se musiekblyspel, Magic AT 4 AM kom kyk (’n vertoning wat oor ’n swart bokser gehandel het).

Ali was in daardie stadium reeds erg deur Parkinson se siekte aangetas. Ek moes selfs die roltrappe in die teater vir hom tot stilstand laat kom sodat hy kon opklim, waarna ek dit weer aangeskakel het en toe hy bo kom, dit weer afskakel.

Die twee ander manne op die foto was aan die Johannesburgse stadsraad verbonde.



Op die foto onder is ek saam met die akteur Kevin Smith op die stel van Isidingo. Ek het die rol gespeel van ’n wetenskaplike wat mense op ’n myn dmv gif vermoor – geskoei op die bewerings teen Wouter Basson.


(Dankie, Jakkie.  Dis nog 'n mooi voorbeeld van die soort foto's wat ons van ander kollega wil hê en waarna ons uitsien. -- Red.)