Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.11.13

Caps Roden se duikslag amuseer steeds

BENNIE NEETHLING skryf: In die laat jare vyftig was Potgietersrus se rugbyspan een van die beste plattelandse spanne in die land. Soos oraloor is daar maar aartsvyande op die rugbyveld. Só het Potties en Petersburg nie ooghare vir mekaar gehad nie.

Een Saterdag moes die spanne makaar die stryd aansê en ek moes oor die wedstryd berig.

Neels Steenkamp, redakteur van 
Die Noord-Transvaler, 
en Caps Roden, wat as vlagman 
Pietersburg se vleuel 
platgeduik het. 
Albei is lank reeds oorlede.
Caps Roden was toe nog net ‘n “oukrok”-speler. Tog darem trots gewees om sy span se vlagman te wees.

En so woed die wedstryd voort.

Dit het gelyk of Potties sou wen, maar hier teen die einde kry ‘n vleueltjie van Pietersburg die bal en breek losdeur. Agter was niemand om te verdedig nie. Dit is toe dat Caps sy vlag neergooi en Pietersburg se vleuel uit die aarde duik. Goed gelak, maar ‘n strafdrie onder die pale teen sy span!

Toevallig is ou Caps hier in Kroonstad se Voortrekker-hospitaal oorlede.